Kom vind jou mense ‘Oorsee’

Ons verken die interessante lewens van Suid-Afrikaanse expats

Bly jy in jou hart Suid-Afrikaans as jy jou vaderland verruil vir groener, natter en kouer weivelde? Gaan die gemis na die huis ooit weg?

Aktrise Charlenè Brouwer (Dis ek, Anna) en haar man, rolprentvervaardiger Niel van Deventer en mede-aanbieder Gerrie de Haas het die antwoord op dié vraag probeer uitvind deur ’n reis te onderneem na sewe Europese lande waar hulle Suid-Afrikaners gaan opsoek het wat in die buiteland woon en werk.

Hulle ontmoet ’n wye verskeidenheid uitgewekenes – van onderwysers tot akteurs, sakemanne, kunstenaars, joernaliste, musikante en – hoe dan nou anders – rugbyspelers! Hulle vind uit hoe die Suid-Afrikaners aanpas by die koue winters, en leer meer oor die suksesse wat hierdie uitskieters in Europa bereik.

Op reis van Engeland na Ierland, België, Nederland, Frankryk, Oostenryk en die Tsjeggiese Republiek leer hulle die stories van Suid-Afrikaners ken en raak bekend met die stede waarin dié mense hulleself gevestig het.  Dis ’n reisprogram wat iets van die huis soek en dit in mense vind.

Elke week is daar ook ’n lekker kompetisie met groot pryse op die spel, en in die laaste episode kan ʼn gelukkige kyker vliegkaartjies na Europa wen.

Vanaf 12 April is Oorsee vir die eerste keer op ShowMax beskikbaar vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Nuwe episodes volg elke Woensdag.

Indien jy nog nie vir ShowMax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.