‘Kwêla’: Hier is die ‘Dorp van die Jaar’-finaliste

Wakkerstroom (Foto: wakkerstroom.co.za)

In die verlede het Hentiesbaai, Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg en Middelburg uitgetroon as die dorp van die jaar. Vanjaar het die kykNET-joernaalprogram Kwêla nóg stemme nodig om ʼn nuwe dorp van die jaar aan te wys.

Dorpe dwars oor Suid-Afrika en ʼn enkele dorp in Namibië is vanjaar in ʼn stryd gewikkel om as Kwêla se Dorp van die Jaar gekroon te word.

Therese Benade, Kwêla-aanbieder en organiseerder van die kompetisie, sê vanjaar se kompetisie hou selfs groter pryse in as in die verlede.

Lede van die publiek het tot 1 Junie geleentheid om per SMS vir hul gunstelingdorp stem. Dié wendorp sal dan op Sondag 17 Junie in die joernaalprogram aangekondig word.

Die dorp wat die meeste stemme kry, wen R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ook ’n 45 sekonde-advertensie oor die dorp maak wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.

Vanjaar sal daar ook ’n groot Kia- Dorp van die Jaar-makietie in die wendorp gehou word wat ook deur Kwêla verfilm sal word en later vanjaar uitgesaai sal word.

“Met die kompetisie kry Suid-Afrikaanse en Namibiese dorpe ’n kans om op te staan en te sê: Kyk na al die wonderlike goed wat in my dorp aangaan,” sê Benade.

Hier is die finaliste:
1. Fochville (Gauteng)
2. Wakkerstroom (Mpumalanga)
3. Modimolle (Limpopo)
4. Jeffreysbaai (Oos-Kaap)
5. Montagu (Wes-Kaap)
6. Upington (Noord-Kaap)
7. Parys (Vrystaat)
8. St. Lucia (KwaZulu-Natal)
9. Mariental (Namibië)

Stem só:

SMS die dorp se naam na 33157. 30 SMS’e per nommer word toegelaat. Elke SMS kos R1,50. Stemlyne sluit op 1 Junie om middernag.

Kwêla word Sondae om 18:00 op kykNET, kanaal 144 op DStv, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nettie ·

Montagu!!!!!!!!!!!!!!!!

Montaguuuuuuuuuu! Djou leka muskadel …………………

Ernst Marais ·

Die enigste wenner is KykNet wat aan DSTv behoort wat op sy beurt aan MultiChoice behoort wat deel is van Naspers.

Dit gaan nie werklik oor die mooiste dorp nie maar oor wie die meeste SMS’e instuur.
In die dorpie waar ek bly word groot geld ingesamel en skoolkinders en ou mense ingespan om SMS’e te stuur.
Die geld sou myns insiens beter aangewend word om eerder die dorpe self te verfraai.

Anoniem ·

Hoekom Namibie. Wat van Swaziland, Lesotho, Mosambiek, Angola en Botswana hulle is mos ook buurstate soos Namibie. Sal dan maar liewers nie stem nie.

Louise ·

St Lucia wen loshande in my opinie. ‘n Stukkie hemel op aarede. Stel asseblief die naam reg Maroela…..

Tania Heyns ·

Dagsê Louise

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Charmain ·

St Lucia dankie. Mal oor die plekkie. As jy nog nie daar was nie, was jy nog nie by die see of in die Wonderwerk plekkie wat die Here gemaak het nie!! Stem vir St Lucia!!

Viper ·

Seker oor jy nog nooit daar was of eers weet waar dit is nie. Die lieflikste dorpie!! Maar almal sal seker maar hulle opinie hê neh!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.