Kwêla: Hier is die ‘Dorp van die Jaar’

Hannes van Wyk en Therese Benade tydens die aankondiging (Foto: Verskaf)

Die kykNET-joernaalprogram Kwêla het Jeffreysbaai in die Oos-Kaap pas as die agtste wenner van die Dorp van die Jaar-kompetisie aangekondig.

Dié Oos-Kaapse kusdorp, wat Mariental en St. Lucia in die stryd om die kroon uitgestof het, tel nou onder ʼn lys wenners wat Hentiesbaai, Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg en Middelburg insluit.

Ander finaliste in vanjaar se kompetisie was Fochville, Wakkerstroom, Modimolle, Montagu, Upington en Parys.

Die Dorp van die Jaar-titel word toegeken aan die dorp wat die meeste SMS-stemme gekry het in die laaste stemweek van die kompetisie.

Wilmer Müller, kykNET-bemarkingsbestuurder, sê Jeffreysbaai wen R1 miljoen bemarkingswaarde van kykNET.

“Homebrew Films, die vervaardiger van Kwêla, sal ook ’n advertensie van 45 sekondes oor die dorp maak wat gedurende kykNET se advertensietyd gebeeldsaai sal word,” sê Müller.

’n Groot Kia- Dorp van die Jaar-makietie sal ook vanjaar in die wendorp gehou word wat deur Kwêla verfilm en later vanjaar gebeeldsaai sal word.

Kwêla word Sondae om 18:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, gebeeldsaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

thea ·

n vuil dorpie, en die meeste mense daar dink hulle doen n gaste n guns om iets te doen
ons het in n gaste huis gebly met die swakste swakste beddegoed, nie van die bedddens te praat, en die breekware skokkend. die resturante is swak en kos gehalte swak swak. hoop dit verbeter en nie net vir Kwela span was die fine china uigehaal nie,

Pieter ·

thea, ons het die vuil dorp en n rooi bank balans by die cANCer geerf, ons dorpenaars spoeg en spartel maar self om die dorp te verfraai. As ons die dorp van die jaar gewen het net deur die inwoners se insette was en is al ons moeiete om die dorp weer uit die as te laat opstaan die sweet en geld werd. Jammer te hoor van die, gastehuis wat jul so sleg behandel het en die restaurant se slegte kos, maar onthou 1 swael maak nie n somer nie.

Renske ·

Ek stem ook nie saam nie. Dis amper soos n spook dorp… daar gaan niks aan nie.. daar is amper niks eet plekke oor nie. As jy iets kry voel jy siek die volgende dag. As heeldag strand nie jou ding is nie… sit jy maar en brei. Daai dorp het lankal terug sy vibe verloor… een helse aftee oord. Geen vakansie feeling daar nie. Sorry to say!

My mening ·

Ag, nee! Dis nou ‘n teleurstelling! Dit is regtig nie die mooiste dorp nie. Ek wil ook net weet waarom dorpe van Namibie ook ingesluit word. Namibie is mos al lankal ‘n onafhanklike land. Ek dink nie dis regverdig dat ‘n ander land se dorpe ingesluit word nie, al is baie inwoners van die land Afrikaans. Dan moet dorpe van lande soos Botswana, Zimbabwe en Zambie ook mos ingesluit word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.