Kyk DStv op vyf toestelle sonder om ekstra te betaal

DStv (Foto verskaf)

Jy weet hoe dit gaan: Pa wil SuperSport kyk, Ma kan nie genoeg kry van Harvey in Suits nie en die klanke van die Minions is die klankbaan van jou tuisbly-gesinsnaweke. Dis omtrent oorlog oor wie beheer neem van die afstandbeheer, maar dit hoef nie so te wees nie.

Het jy geweet as jy ʼn DStv-intekenaar is, kan jy die DStv Now-app op jou slimfoon of tablet aflaai en jou gunstelingprogramme aanlyn kyk? Voeg net WiFi by!

Daar is geen ekstra koste betrokke as jy DStv op jou toestelle kyk nie. Jy betaal reeds jou maandelikse intekengeld, al wat jy benodig, is ʼn internetverbinding.

Só werk dit

Gaan aanlyn na now.dstv.com of laai die DStv Now-app af. Volg die eenvoudige instruksies om ʼn gebruikernaam en wagwoord te skep en siedaar, jy kan DStv op enige toestel kyk.

Dis hoe dit sal lyk as almal in die familie kyk:

Toestel 1: TV
Jou DStv-dekodeerder is reeds met jou TV verbind. Dis een skerm. Maar dis reeds ʼn stryd en nie almal wil die hele naweek na Storage Wars kyk nie.

Toestel 2: Skootrekenaar
Gaan aanlyn na now.dstv.com en meld aan met jou gebruikernaam en wagwoord. Omtrent alles op DStv is ook beskikbaar op die app, of dit nou regstreekse sport of ʼn reeks is waaroor jy obsessief is. Daar is selfs volledige seisoene beskikbaar as jy wil fuifkyk.

Toestel 3: Slimfoon
Laai die DStv Now-app af (daar is een vir Apple-toestelle in die iOS-winkel en vir Android-toestelle in die Google Play Store), meld aan en begin stroom.

Toestel 4: Tablet
Die DStv Now-app werk op die meeste tablette, op presies dieselfde manier as op ʼn slimfoon. Jy kan ook episodes op jou toestel aflaai en dit later kyk wanneer jy nie toegang tot WiFi het nie.

Toestel 5: Slim-TV
Het jy geweet jy kan DStv op ʼn groot skerm kyk sonder ʼn dekodeerder? Dis heeltemal moontlik as jy ʼn slim-TV het – ʼn TV wat aan die internet kan koppel. Die DStv Now-app is beskikbaar vir Apple TV, Samsung slim-TV’s, LG slim-TV’s en Android TV-mediaspelers.

So baie toestelle, so baie reekse om te fuifkyk!

*Jy kan dus nou DStv deur jou DStv Explora kyk asook op twee van jou vyf toestelle op dieselfde tyd.

Kry DStv nou »

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.