Kyk hierdie Leon Schuster-flieks aanlyn

Jy kan nou ses van die Suid-Afrikaanse poetsbakker, Leon Schuster, se mees gewilde flieks aanlyn op Showmax kyk.

Hy is een van Suid-Afrika se mees suksesvolle rolprentmakers, en hy’s boonop ’n SAMA-wenner! Wie sal ooit die wegholsukses van “Hier kom die bokke” in 1995 vergeet? Dit het die toekenning gewen vir beste albumverkope van die jaar. Nou kan jy Schuster se gloriedae herleef met hierdie gewilde flieks wat op Showmax beskikbaar is.

  1. Oh Schucks, It’s Schuster!

Leon Schuster is terug met nog versteektekamera-pret, en bak weer skreeusnaakse poetse op niksvermoedende lede van die publiek. Net wanneer sy slagoffers dit nie meer kan hou nie, onthul hy sy identiteit en almal gaan onbedaard aan die lag. Dis verspot, dog immergroen.
Kyk nou »

  1. You Must Be Joking!

Kyk weer Leon Schuster se grensverskuiwende versteektekamera-fliek, waarin hy Suid-Afrikaners met geen idee wat aangaan nie, in lawwe situasies in lok. Hy kyk hoe groot is hul ontsteltenis voor hy sy masker afhaal. 30 jaar later is dit steeds klassiek!
Kyk nou»

  1. Mr Bones

Die lankverlore seun van ’n koning uit Afrika is nou ’n suksesvolle gholfspeler in die VSA. Sy pa stuur sy wit moetie-man (Leon Schuster) om die uitblinker-atleet terug te bring huis toe om die koninkryk oor te neem – maar wie gaan dié dwaas glo?
Kyk nou»

  1. Mr Bones 2

Leon Schuster se moetie-man is terug en moet weer help om die koninkryk te red, dié keer deur ’n seldsame klip te vind wat blykbaar toorkragte het, en wat in Indië verlore geraak het. Is daardie land reg vir hierdie maltrap? Natuurlik nie!
Kyk nou»

  1. Millennium Menace

Dis die 21ste eeu, maar ons is steeds dieselfde mense wat ’n grap kan vat (of nie). Leon Schuster kyk wie hy kan vang in hierdie snaakse versteektekamera-fliek en tart ons uit om ons te help om iets snaaks in ons alledaagse lewens te vind.
Kyk nou»

  1. Mama Jack

Jack is voortvlugtig en gebruik sy kennisse om te help om hom as swart huiswerker te vermom, en vir hom ’n werk te kry in ’n voorstedelike huis. Die enigste ding waarop hy nie voorbereid is nie, is dat hy verlief sal raak op die vrou wat hom in diens neem. ’n Belaglik-verspotte lekkerkyk-komedie.
Kyk nou»

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks en reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ʼn DStv Compact- of Compact Plus-kliënt?

Goeie nuus! Jy kan 60 dae lank gratis Showmax kyk as jy dié diens voor 7 April op jou rekening byvoeg. Klik hier om meer te lees.

Daarna betaal jy slegs R49 per maand – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.