Kyk: Lokprent vir ‘Alles Malan 2’ pas bekend

Die geliefde Malans is eersdaags terug op die kassie. (Foto: Verskaf)

Die tweede seisoen van die gewilde kykNET-dramareeks Alles Malan sal op 30 November vanjaar weer op die kassie wys.

Al die gewilde karakters is terug, maar soos met alle goeie familiedramas is daar meer as genoeg kinkels in die kabel om kykers vir 13 episodes vasgenael te hou.

Die veteraan-akteurs Albert Maritz en Elsabé Daneel is weer te sien as Derik en Brenda Malan. Ivan Zimmermann is die oudste seun, Frik, en Nadia Valvekens is sy vrou, Tessa. Hulle twee kinders, Elani en Freek, word onderskeidelik deur Greteli Fincham en Mateo Olivier gespeel.

Sean-Marco Vorster is die jongste Malan-seun, Nico, en sy vrou, Lee-Anne, word vertolk deur Nicole Fortuin.

Die regisseurs is Corné en René van Rooyen en hulle het die reeks saam met Leon Kruger en Retief Scholtz geskryf.

In dié seisoen word die Malans se familieverhoudings nog dieper beproef. Nico en Lee-Anne het ’n eersteling op pad en Frik sukkel met ’n falende Malan Vervoer terwyl Tessa se loopbaan floreer.

Herman Kleinhans het die temalied getiteld “Haal ’n bietjie asem” vir dié reeks geskryf. Die liedjie is deur Tertius Human van Vonk Musiek by Coolerbox Brothers Studio vervaardig.

Kyk hier na die lokprent van Alles Malan 2:

Kyk hier na die musiekvideo vir “Haal ʼn bietjie asem”:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.