
Janka (agter middel) saam met (v.l.n.r.) Dorianne, Tanya, Melani, Efraine, Florinda en Hettie (voor). (Foto: kykNET)
Neels van Jaarsveld, die Afrikaanse akteur wat vir die laaste 13 weke in die eerste seisoen van die kykNET-maatsoekreeks Op my eish na ‘n pasmaat gesoek het, het Donderdagaand sy uiteindelike keuse gemaak.
Die donkerkop Tanya en blondekop Nadine is albei in sak en as gelaat toe Van Jaarsveld sy hart vir Florinda Hearn (25), ʼn naeltegnikus van Randfontein, Gauteng, gegee het.
Van Jaarsveld het vir Florinda, wat pragtig gelyk het in ʼn goudkleurige aandrok, ʼn gedig deur die digter Kaalwoorde voorgelees.
“Ek wil kaalvoet, stofpad, reguit na jou hart toe loop. Ek gaan nie die hek oop maak nie, ek gaan sommer bo-oor klouter. Ek gaan my bagasie net daar los,” het hy voorgelees terwyl ʼn skugter Florinda deurgaans vloer toe gekyk het.
“Dankie dat jy vasgebyt het,” het hy vir haar gesê nadat hulle ʼn lang soen gedeel het.
“Ek glo liefde bestaan nog en ʼn mens kry dit in ongelooflike vorme,” het hy later gesê.
Hulle het ook aan die einde van die program deur ʼn reeks foto’s verklap dat hulle “steeds dolgelukkig” is en dat hulle, noudat die verhouding nie meer ʼn geheim hoef te wees nie, soveel moontlik tyd saam deurbring.
Kyk hier na wat Van Jaarsveld en Florinda van mekaar te sê het:
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Nee ou Neels. Ek dink jy het nou vir jou n katjie met lang naels gekies wat jou nog uitmekaar gaan skeur,maar nou ja dit is jou keuse. Sterkte
Aandagsoekers
Absoluut kunsmatig.
Bly hy het nie Tanya gekies nie, my geld was op Nadine. Sterkte, hoop julle vind vreugde en geluk in mekaar
Hulle praat van die eerste seisoen, gaan daar ‘n 2de seisoen ook kom van “op my eish’?
gaan Neels dan weer ‘n nuwe liefde soek? Wonder maar net hahaha