Kyk wie is terug in die Laan

Amor Vittone (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse sangeres en televisie-aanbieder Amor Vittone is binnekort weer in 7de Laan te sien.

Vittone het Woensdag aan Maroela Media vertel sy is reeds hard besig om haar dialoog vir die volgende twee weke op stel te leer.

Zelda – die karakter wat die sangeres vertolk – het tydens haar verskyning in dié sepie verlede jaar amok in die Laan gesaai.

Vitonne sê dieselfde storielyn hervat, maar dié keer met ʼn paar kinkels en draaie.

“Die storie verander ʼn klein bietjie. Zelda het die mense van die Laan baie fyn dopgehou, en sy het nou besluit sy wil haar sussie gaan soek, en vrede gaan maak. Haar planne werk egter nie so goed uit nie,” skerts sy.

Sy sê Zelda gaan dié keer baie humor in die laan bring.

“Ek lag my dood as ek deur die dialoog lees. Daar is dele wat ongelooflik snaaks is! Dis vir my lekker dat daar dié keer weer humor ingewerk word. Zelda is só ʼn lekker karakter om te vertolk, veral omdat daar so baie fasette aan haar is.”

Sy sê haar rol as Zelda gee haar baie respek vir haar mede-akteurs. “Mense onderskat sepie-akteurs. Daar is soveel wat in ʼn karakter ingaan – veral emosie en voorbereiding om te verseker dat die karakter eg uitgebeeld word. Jy kom soggens vroeg op stel en leer tot middernag jou woorde. Die akteurs het ongelooflike toewyding. Gelukkig is ek pas terug van Spanje af, en boonop skrik ek nie vir werk nie,” sê sy.

Die sangeres is ook te sien op Skoonpa se tong op VIA en Dans in jou taal op kykNET. Sy is ook tans betrokke in besprekings in verband met ʼn splinternuwe VIA-werklikheidsreeks.

‘n Foto wat Amor op Facebook gedeel het (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Genieve ·

Agnee asb so bly ek kyk nie 7de laan nie. Vervelig verby raak kwaad as my kinders dit kyk.

Geesi ·

Kon hulle nie maar eerder oubaas dan vir nog 2 weke betaal en aan gehou het nie

Carien ·

Was my gedagte ook, Oubaas het 7de Laan gemaak. Ou gesigte bly die beste….bring Oubaas eerder terug.

Jeannette ·

Ek kyk dié snert nou al vir jare lank nie meer nie. Ja, die 7de Traan skrywers en regisseurs laat ‘n ervare akteur soos Pierre van Pletzen – terloops, op die vieslikste manier – laat gaan (seker net omdat hy wit en ‘oor die muur’ is op 65 volgens hulle, maar dan kry hulle dié ou tert in, wat seker nou behoeftig is noudat sy nie meer haar beroemde man kan leegsuig nie. Ek dink mense wat ernstig voel omtrent hul sepie en die akteurs daarin en inhoud daarvan, moet ‘n “Spur” op die vervaardigers van 7de Traan trek – boikot hulle deur op te hou om jul TV lisensies te betaal!

Swartkat ·

Dis wat gebeur as mense sommer uit die dode opstaan, moenie verbaas wees as Neville weer sy verskyning gaan maak nie – regte Nuwe SA sepie

Natz ·

Lekker lekker ek love my afrikaanse sepie 7 delaan en Amor se deel in 7 delaan bietjie humor jippy .

Koekie ·

Hoe lekker lag ek nou vir almal se kommentaar!! Julle het my dag gemaak. Baie dankie.

dolphin ·

nou kyk nooit 7de laan nie baie min om te kyk ken nie meer vir 7de laan nie.soek al die ou 7de laners terug dis die beste as ooit.

Laranara ·

Agnee. Kyk 7de laan raak al hoe slegter. Maar die is die cherrie on top.

Mike ·

Julle mense kyk nie 7de laan nie,maar kyk gou nuusbrokkies oor die laan.hoekom lees…………..???

Jeannette ·

@Mike – omdat ek mag en kan. Ek ondersteun nie die ANC en vir Zuma nie, maar ek lees alle nuus oor hulle.

VanAfrika ·

Ek is so bly, Amor “kan” toneel speel. Sy kwyt haar goed in haar taak in die rol as Zelda. Kyk die episodes waarin sy is enige tyd. Amor, “you go girl”

Tienie ·

Amore, jy is welkom op 7de Laan, jy gee weer bietjie lewe aan die klomp

Fred ·

Lekker, ek is so bly sy kom weer kuier. Laaskeer het sy gesorg vir lekker drama en lag. Amor vertolk die rol uitstekend.

magda ·

wat! ek hou nie van haar nie! kan oubaas nie langer bly nie?

Theresa ·

Help bietjie – wie is Zelda se sussie waarna sy kom soek? Waar pas Zelda in? Ek’t daardie stuk gemis. Bly Amor kry iets wat haar pret verskaf. Gun haar dit??! Sy’t nie die sepie geskryf nie – sy neem bloot deel.

Eerlik ·

Julle kyk nie 7de Laan nie, maar kan nie vining genoeg die artikel lees EN kommentaar daarop lewer nie! Hehe… tog maar nuuskierig! Ek love 7de Laan – welkom terug Zelda! Die oumense moet maar eerder gaan sit en brei as hulle nie 7de Laan wil kyk nie. ;)

Jeannette ·

@Eerlik: nee, ek gaan lees eerder ‘n lekker dik, Engelse fiksie-boek wat mens intellektueel stimuleer eerder as om na ou Swewende Traan te kyk.

Annie ·

So nou moet Amore soos baie van ons werk vir haar geld – ha ha ha !!!! gelukkig kyk ek nie 7de laan nie so ek hoef haar nie te sien of hoor nie.

mari ·

Ag Annie en al die ander ou suurknolle, gun tog die son oor ‘n ander se kop skyn! Amor is BESLIS nie bang vir werk nie en het nog altyd gewerk. Hou jul swak aanmerkings vir julself. Sies man! Ek dink ook 7de Laan se kwaliteit het agteruitgegaan maar sal beslis kyk na die episodes waar “Zelda” weer bietjie lewe bring. Amor jy’s ‘n yster.. en pragtig. Moet jou nie laat afbring deur lelike mense nie!

A. Mac ·

Ek kyk nie 7de laan nie maar is bly dat Amor werk het en dat sy ‘n inkomste het. Werk sy dan moan die mense, werk sy nie dan moan hulle ook. Sy kan nie slegte of beter wees as baie van die ander akteurs/karakters in elke sepie wat in Suid-Afrika vervaardig en vertoon word nie.

ML ·

Ag nee regtig nou!!
As jy nie iets goed van iemand kan sê, bly stil!!

amvi ·

Oubaas was tops en eks bly Amore kom ook weer speel. Wat my grief is dat jy deesdae dink jy is dalk op ‘n verkeerde kanaal wanneer jy die Laan kyk. Wat de dinges??

Penelope ·

Annie, ek wonder wat sou jy gese het as die rolle omgeruil was. Ons weet almal wie is Amor, maar ons ken nie regtig vir Amor nie. Ons is ook nie 24/7 op haar spoor om te sien hoe sy haar geld verdien nie. Jou lewe kan in ‘n oogwink verander, dink jy nie dat jy ‘n bietjie hard is op haar nie. Sy is deur baie die afgelope paar jaar, ek dink ook nie ek wil in haar skoene wees nie. Ek dink party dae wens sy ook dat sy dood normaal kon lewe soos jan alleman….
Solank ons almal ons geldjies op ‘n eerlike manier verdien, dink ek die Kaap is Hollands.

Bee ·

My skoonma love 7de laan mis dit nie een aand nie maar het nie oog hare vir Amor nie daar verloor hulle defnitief een ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.