kykNET-dokkie werp lig op plaasmoorde in SA

Alison Oates, ‘n plaasaanval-slagoffer. (Foto: skermgreep/verskaf)

Daar gaan nie ʼn maand verby sonder ʼn plaasaanval of -moord nie.

Dié kwessie word in die vyfde episode van kykNET se dokumentêre reeks, Onthul, onder die loep geneem.

Uitgelewer: Plaasmoorde in Suid-Afrika stel ondersoek in na die impak wat plaasmoorde op die gesin, wyer familie en gemeenskap het. Dit kyk ook na hoe Suid-Afrika in geheel daardeur geraak word en wat die moontlike redes vir dié grusame aanvalle is.

Die polisie wat in tientalle dorpe en gemeenskappe versuim om misdaad te bekamp, word ook in die kollig geplaas.

Mense wat plaasaanvalle oorleef het, soos Alison Oates, deel hul getuienisse in dié episode. Michael Mmopane, werknemer van Anneke Claassen wat vroeër vanjaar saam met haar vriend, Hennie Claassen, in Ohrigstad vermoor is, is ook in die episode te siene.

Verder vorm Francois Laux, oud-polisieman en ondersoekbeampte, en Rudolph Zinn, ʼn plaasmoordnavorser, ook deel van die dokumentêr. Ian Cameron van Action Society, Bennie van Zyl van die Transvaalse Landbou-unie (bekend as TLU SA) en Charles Smith, joernalis en boer, gee ook hul menings.

Daar word ook inligting gebied oor hoe boere hulself teen plaasaanvalle kan beskerm.

  • Skakel op 13 Augustus om 20:00 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die jongste nuusdokumentêr in die Onthul-reeks, Uitgelewer: Plaasmoorde in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.