kykNET Fiëstas terug in lewende lywe

(Argieffoto: Nardus Engelbrecht)

Kreatiwiteit en die uitvoerende kunste het die afgelope jaar steeds gehore bymekaar gebring ondanks die uitdagings en beperkings wat die Covid-19-pandemie teweeg gebring het. Daarom word die 12de kykNET Fiëstas vanjaar weer in lewende lywe aangebied om hierdie werk te vereer.

Anders as by vorige geleenthede is daar vanjaar slegs vier kategorieë en veteraan-joernalis Martie Meiring, die teatermeester Mannie Manim, die musiek-ikoon David Kramer en die wêrelderkende kunstenaar Conrad Theys is vanjaar se vier legendes wat vir hul bydrae tot die Suid-Afrikaanse kunste vereer word.

“Die persone wat ons by vanjaar se Fiëstas vereer, het kuns gepleeg nie ter wille van kuns of bloot ter wille van hulself nie, maar ter wille van die gewone mense wie se siele in die teater gesalf word. Teater help ’n gemeenskap gesond bly, en ons huldig die teater- en feesgemeenskap vir wat hulle selfs tydens Covid gedoen het om aan te hou skep,” sê Waldimar Pelser, direkteur van kykNET-kanale, in ʼn verklaring oor vanjaar se toekenningsgeleentheid.

Die Fiësta-toekennings word vooraf opgeneem en word op 27 Maart om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai. Aanbieders sluit die akteurs Stian Bam, Christo Davids, Wilhelm van der Walt en Tinarie van Wyk Loots in.

Hiermee die benoemings in die vier kategorieë:

Beste prestasie in visuele kuns:

  • Growing Seeds of Hope – Innibos
  • Liewe land! – Aardklop
  • Paint / Verf – KKNK
  • Progression – KKNK

Beste musiekgedrewe produksie:

  • Variation in Beauty / Beauty in Variation – Vrystaat Kunstefees
  • David Kramer-huldeblyk: Boland tot Broadway – Woordfees
  • Karnaval van die diere – Aardklop
  • Zorada in Orrelstemmingh – Woordfees

Beste feesproduksie: teater

  • Cleanse – Vrystaat Kunstefees
  • Ferine & Ferase – Woordfees
  • Opdrifsel – Aardklop en KKNK
  • Mannetjie – Suidoosterfees

Beste opkomende kunstenaar:

  • Adelia Douw (David Kramer-huldeblyk) – Woordfees
  • Jodi Jantjies (Liedjiemakers) – Suidoosterfees
  • René Cloete (The Infinite Woman) – Suidoosterfees
  • Stephren Saayman (Mannetjie) – Suidoosterfees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.