kykNET maak groot skuiwe met TV-skedule

Getroud met Rugby (Foto: Facebook)

kykNET het Donderdag ʼn splinternuwe programskedule vir dié kanaalgroep se gewilde programme aangekondig.

Veranderings is onder meer beplan vir die DStv-kanale 144, 145 en 146.

Karen Meiring, direkteur van kykNET-kanale, sê die kykNET-aanbod is nou groter as vantevore en dié kanaalgroep moes daarom kopkrap om plek te maak vir splinternuwe programme.

“Ons grootste prioriteit met die hersiening van ons programskedules was egter, soos altyd, ons kykers. Ons dien ʼn steeds groeiende en uiteenlopende gehoor wie se gewoontes en behoeftes jaarliks verander. Hierdie gehoor verwag van ons om tred te hou met internasionale TV-tendense en steeds die beste stories uit eie bodem te vertel. Ons nuwe programskedule weerspieël al hierdie oorwegings en strewe.”

Programme soos Kwêla, Bravo en Jou Show sal voortaan oor naweke gebeeldsaai word terwyl weeksaande plek maak vir komedie, nuwe drama en inhoud soos Kook en Geniet.

Só lyk die veranderinge:

  • Getroud met Rugby skuif vanaf 10 Julie 2017 na 21:00 op die kykNET-kanale DStv 144 en 145. Kykers sal nog ’n rukkie moet wag om te sien wat dié nuwe laataand-tydgleuf op die premium kykNET-kanaal 144 vir die Stryders en die Pom-Poms inhou.
  • Suidooster sal vanaf 10 Julie op kykNET (DStv-kanaal 144) en kykNET&kie (DStv-kanaal 145) om 18:30 gebeeldsaai word. Hierdie verskuiwing gee kykers die geleentheid om ingeskakel te bly vir die regstreekse Afrikaanse nuus om 19:00 op albei kanale. Die Suidooster-herhaling op kykNET&kie sal nou om 22:00 geskied om plek te maak vir gewilde programme soos Treknet, Kokkedoor, SuperRugby en Vallei van Sluiers in die 20:00-tydgleuf.
  • Maandae laat jou voortaan lag met ’n dubbeldoor van komedie met Elke Skewe Pot (Franci Swanepoel, Marisa Drummond, Carien Botha, Carine Rous en Hannes Brümmer) om 20:00 en Parlement Parlement om 20:30 met Louw Venter en Elana Afrika-Bredenkamp wat die septer swaai as kykNET se eie Madame Speaker.
  • Dinsdae sorg vir drama met die tweede seisoen van Die Boekklub. Dié reeks, wat met ’n Safta en ATKV-Mediaveertjie bekroon is, word vanaf 11 Julie 2017 om 20:00 uitgesaai.
  • Op Woensdae is daar tyd vir Kook en Geniet vanaf 5 Julie om 20:00 – ’n watertand-kosprogram, gegrond op die ikoniese resepteboek, aangebied deur Lise Swart. Daarna volg die gewilde Groen Namibië, wat terugkeer vir ’n derde seisoen vanaf 12 Julie om 20:30. Daar’s ook goeie nuus vir krieketliefhebbers: Op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) begin ’n nuwe seisoen van BVP met Johnny Davids en Fanie de Villiers om 21:30.
  • Vorige uitsendings van die reeks Legendes van Afrikaanse Musiek het dawerend positiewe terugvoer van kykers ontlok en daarom is besluit om Julie met die stories van Gé Korsten, Rina Hugo en Johan van Rensburg, Lucas Maree en Boet Pretorius af te skop.
  • Vrydagaande skop af om die braaivleisvuur met Jan Braai om 18:30. Ná die Afrikaanse nuus kuier almal verder saam met Breyten, Janina en Vaatjie in Toks en Tjops om 20:00. kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) verskaf ’n lekker klankbaan vir jou naweek met die M-Net en vriende-konserte, wat elke Vrydag om 21:00 uitsaai. Daar is ook hope lekker speellyste en die kykNET Top 20 hou ons op die hoogte van die nuutste musiek wat elke maand vrygestel word.
  • Vanaf Saterdag 15 Julie om 18:30 maak kykNET saam met die Fiësta-span ’n feestelike draai by elke fees in die land. Emo Adams toets bekendes buite hul gemaksone in die nuwe seisoen van Jou Show om 19:30 en Pieter Koen speel jou versoeke elke Saterdagaand vanaf 20:00 op Jukebox. Terloops, die immergewilde Jukebox en Jou Show vier vanjaar hul 10de seisoen op kykNET (DStv-kanaal 144).
  • Ons sluit die kykNET-week af met stories van Suid-Afrikaners wat inspireer. Jý Geld is ’n nuwe program wat finansiële wenke gee om die lewe met groter geldvernuf aan te pak. Leandie du Randt Bosch en die nuwe deelnemers aan Slank II gee ons die geleentheid om in hul oorwinningstryd teen gewig en ander persoonlike uitdagings te deel, gevolg deur Bravo wat die sluier lig en agter die skerms kuier by die land se mees gesogte geleenthede en persoonlikhede.
  • Kwêla is ʼn instelling en die program word nou deel van kykNET se Sondagaandaanbod. Vanaf 9 Julie sal Hannes en die span kykers nou op Sondae inspireer met die stories van Suid-Afrikaners wat ʼn verskil maak.
  • Daar is egter nóg groot nuus met ʼn seisoen van die nuutste Afrikaanse speelfilms wat vanaf Julie elke Sondag om 21:00 gebeeldsaai word. Kykers kan uitsien na gunstelinge en nuwe films wat vir die eerste keer op kykNET te sien is, onder meer Modder en Bloed, Noem My Skollie en Treurgrond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

Johannj ·

Hulle gaan baaaie kykers wat ‘Gertoud met rugby’, gekyk het verloor. Daardie tyd is daar beter te sien op ander kanale, dan soek mense nie sepies nie.

Jeanette ·

Nee, net nie dit nie ons so gewoond aan tye, kinders kyk ook getroud met rugby, 21h00 gaan te laat wees vir hulle, skyf eerder ander programme asb!! Nie getroud met rugby nie asb!

Johannj ·

Jeanette, die tyd waarna ek verwys, waar daar beter op ander kanale te sien is, is juis 21h00, daardie tyd waarheen hulle die sepie toe gaan verskuif. Baie mense staan ook dan al bed se kant toe.

A Botha ·

Stem saam dat die verskuiwing van Getroud met Rugby swak besluit is- het nog altyd gewerk- nou verskuif?- later?- teen daardie tyd is dit al slaaptyd vir ons ouer-geslag.
Selfs Kwela, Bravo en Fiesta- hoekom alles op n Saterdag of Sondag aanbied? mens kuier gewoonlik oor naweke en nie altyd tyd op te kyk nie- kan m.a.w. moet dit opneem om te kyk wanneer dit ons pas?- nee wat- baie teleurstellend, Kyk-Net- baie…..

PVR ·

Nee wat, pla my glad nie. Ek neem alles op, en kyk wanneer ek wil. Solank my PVR net nie sy bearings verloor nie, is ek fine.

Jan ·

Dis weer hoekom DStv se mense dieselfde uitgangspunt het, want as jy ‘n PVR het, kan jy dit mos opneem en enige tyd kyk wat jou pas, so maklik soos dit. Dis hoekom hulle sulke inkoejawel besluite neem.

Reinhardt ·

Presies… ek verstaan glad nie hoekom almal tekere gaan nie. Niemand kyk meer programme in hul bepaalde tydgleuf nie. Behalwe sport wat jy natuurlik regstreeks wil aanskou. PVR, Netflix en Showmax… jy kies self wanneer jy wat kyk.

Riaan Nel ·

Hoekom die gewildste programme skuif na 21h00, dan gaan kinders slaap vir skool die volgende more, soos Kobus se as jy nie kan beter doen nie, neuk die kykers rond???

Nou maar toe ·

Ek is ñ gematige mens met Jesus beginsels, ek is baie lief vir afrikaans en my mens, maar hier is vir my weereens ñ tendens dat die blanke Afrikaner nog verder terug gestoor word op die agtergrond, ons kyk as familie amper net kyknet, is dit ook nou van die baan, los julle dekselse politiek, en kyk bietjie wie is julle brood en botter, ons bly betaal maar suig net aan die sopspeen

Martha Kersop ·

Getroud met rugby gaan kykers verloor. Dis te laat in die aand.

Johan ·

Ai, nog kookprogramme? Hoeveel nog? Miskien is dit nou tyd vir my om ‘n goedkoper pakket te neem sonder al die swak ptrogramme wat Karin nou op ons afdwing.

Anne-Marie Van Niekerk ·

ASB tog nie nóg kosmaak programme nie. Ek kan al toe-oë kook!!

JoeV ·

Skottel vry vir 12 jaar…. kinders dink hulle is Amerikaans want dit is die enigste gratis vermaak op die internet!

Liana Olivier ·

Waar kan mens al die veranderinge aflaai en print. Dankie

Landi Slatter ·

Dagsê Liana

Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan die dokument in ʼn .pdf-formaat stoor.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Hanlie ·

Naweke is daar vir sport! sepies dramas en komedies is gereserveer in die aande al wat sin maak sover is hou die nuus oop kwêla op ‘n Sondag aand gaan nie werk vir ons nie en bravo moet in die week aangebied word! Maar ons sal seker aanpas of ophou kyk! Sulke verskuiwings is nié regtig altyd tot voordeel nie! Se maar net

Robert ·

Nie een program waarna ek kyk op die afr kanale nie. Hou maar vir julself.

Pateties ·

KykNET raak nou soos SABC! Hoekom karring aan goed wat werk! Dis tyd vir afskakel en geld spaar.

Pateties ·

KykNET raak nou soos die SABC! Dis tyd vir afskakel en geld spaar!

loekie ·

wil net weet ouer kykers wat van 18hoo tot 20hoo toegelaat word om tv te kyk hulle kan nie die laataand program kyk. wat word van Binnelanders. ag nee baie teleurgesteld

Danie ·

Klaar gedoen. Mis dit gladnie. Het meer tyd vir my kinders.

antoinette ·

die verskuiwing is pateties ja hoekom moet daar gekarring word met goed wat werk. ek stem dit raak nou net soos sabc. ons betaal in elk geval vir meer herhalings as enige iets anders. ek dink ook daaraan om dstv heeltemal af te skakel. geld en tyd mors dees dae.

Lee ·

Dis nou simpel. Gaan defnitief nie 21:00 eers Getroud met Rugby kyk nie. Dankie Kyknet dat julle die kykers geraadpleeg het voordat julle goed verander.

Afrikaanse aanhanger ·

Ek kan nie wag vir Die Boekklub nie! Sara se geheim is uitstekend. Dan nog al die lekker kook programme in Afrikaans. Ek is nie ‘n fliekganger nie, en is opgewonde oor al die Afrikaanse speelfilms wat oppad is. Nou kan ek dit ook sien. Sjoe! Dankie julle.

Annelie Janse van Rensburg ·

Dit is regtig so onnodig, Kyknet gaan baie Getroud met rugby aanhangers verloor, dit is op die stadium n gesins kyk tyd, as dit 21:00 toe skuif is baie kykers al oppad bed toe ens. Dit is regtig ‘n jammerte dat so skuif gedoen moet word

Estelle ·

Agge nee maggies! Daar gaan Getroud met Rugby! 9 uur in die aand is te laat vir die werkendes en kinders. Kan nie onthou dat ons opinies gevra is nie.

Alex ·

Hulle het wragtie nie geleer uit die SABC se foute nie. Mens karring nie aan iets wat werk nie. Hulle gaan kykers en moontlik
Kliënte verloor. Daar is reeds so min te kyk op my huidige pakket end nou dit. Dan kanselleer ek liewers.

Morris Fox ·

Moenie krap waar dit nie jeuk nie. n Sepie 9 uur die aand. Ons kykers betaal ten duurste…….het ons geen se nie ? Watse navorsing het julle hieroor gedoen ?

andre ·

Skuif dit sommer alles af..dstv is net een groot klomp strooi wat oor en oor herhaal word..getroud met rugby is maar die volgende sewende laan..Die bergs ,Angeliuqe en jr…die grootste hoop strooi op die tv….pateties

Hannetjie Fourie ·

Ek gaan Definitief my dstv kanselleer. 9 uur in die aand slaap ons boere al. Want more oggend staan ons 3 uur op vir melkery. Kyknet gaan baie kykers verloor.

Wilma ·

Dit is belaglik om GMR na 21h00 te skuif. Moet julle karring met alles wat mens kyk? En hoeveel kook programme nog? Dit is nou pateties verby.

ansie ·

Sjoe nou gaan daar n geveg wees in die huise want manlief wil in daardie tyd sy programme kyk nee wragtig onregverdig vra eers wie betaal vir kyk net die kyker en wat van binneland vra net

cindy ·

Nee dus pateties!! Gesinne se tydjie in sy maai nou. Ons betaal baie geld en my seuns slaap dai tyd. Passop dstv julle voorland dalk boikot mense julle ook!!!

Linda Labuschagne ·

Ag nee. Dit is nou sleg. As getroud met rugby eers so laat uitgesaai word sal ons wat nou al PENSIONARISE is nie meer kan kyk nie. Dink dat die nuwe programme wat kom in daardie tydgleuf in gepas moes word. Vir wat karing julle altyd aan die program skedules laat dit is soos dit is.

Madelein ·

Hoekom moet getroud met rugby skuif. Sit eerder n ander program in die 21h00 tyds gleuf. Agnee man.

Abri ·

Die enigste skuif wat ons soek is Me Karin Meiring om uit die pos te skuif ons redelik moeg vir die kanaal wat so stereo tipies is en dieselfde ou verveelige mens gebruik word, Emo, Bouwer B, Elma, en programme soos Hier gaan ons al weer, Ou Andre van 4×4 Safaris. Gaan leer by Via, behalwe hulle aanbieders.

Sarie ·

NEE moet nie VIA se streke uithaal nie. Gaan kyj na die natuurkanale en leer saam met jou kinders. Terselftertyd leer jou kinders ook hoe om Engels beter te verstaan en te praat. Gaan waar jy die beste programme kan kyk al is dit nie in Afrikaans nie. Engels is in elk geval ‘n wereld en besigheidstaal.

Ada ·

Skuif eerder Suid ooste r as julle die groot skuif het maar los Binneland en Getroud met rugby en verban al jou kookprogramme Ons kan almal kook Dit is mislik om elke aan na kookprogramme te kyk

Francois ·

Belaglik om GMR na so n laat tydgleuf te skuif. Dit werk waar dit is!

Louis ·

Kyknet gaan baie kykers verloor. Sê maar koebaai vir Getroud met rugby want hierdie sepie gaan meeste van hul kykers verloor.

Charlotte ·

Hoekom moet julle alewig karring aan goed wat werk. Die tydskedule was 100%.

Hester ·

Dit was ‘n instelling in ons huis om vanaf 6 uur te eet en ons sepies en nuus saam te kyk. Nou is alles omvêr gegooi. Die kleinkinders het dit saam met ons geniet. Daardie tyd slaap hulle al. Nee wat, TV word al hoe minder die moeite werd. Kyknet was nog al wat die moeite werd was! Teleurgesteld!!!

Charles Rossouw ·

Wat van DSTV en Kyknet maak nog ‘n program oor troues, trourokke, trou venues of kosmaak of dalk ou mounse wat kosmaak iets soos oukoeke door…

Naldi Pietetse ·

Daar is so min programme wat mens deesdae saam kan kyk as gesin en Getroud met rugby is een van hulle en nou wil Kyknet dit skuif. As julle dan so gegroei het hoekom dan nie eeder nog ñ kanaal oop maak nie en los die res soos dit is. Stem saam die kykker getalle gaan verseker val

Boy de Villiers ·

Kyk lankal nie meer Kyknet nie dis uitters swak.herhaal en herhaal hulle swak mareriaal.Kyknet se best.moet vervang word.

Naas ·

As Kyknet regtig belangstel om meer kykers te kry, moet hulle ‘n opsie ontwerp om die Engelse onderskrifte te kan afskakel. Die onderskrifte maak die kanale vir my onkykbaar irriterend.

Rerignou ·

Het julle regtig nix beter om te doen met jul tyd nie. Jul het agter gekom almal kyk getroud met rugby nou word dit geskuif. Raai wat. Jy gaan n kyker verloor. Daai tyd kyk ek ncis los angeles etc. Nie kyknet nie. Julle gaan kykers verloor. Skrik en word wakker.

Letitia ·

Ek dink dis beter om net heeltemal van DSTV ontslae te raak. Waaroor n gewilde sepie na 21:00 toe skuif. Ek is al so siek vir al die kosmaak programme en gesels programme! Wys dit so laat op en los ons sepies soos dit is!!

Kobus ·

Raak asb ontslae van al die trou programme dit raak nou regtig waar belaglik elke twee program gaan oor troues

Chrisna ·

Om nog kosprogramme op te sit, is angswekkend. Daar is meer as genoeg. Bly Binnelanders op ou tydgleuf?
Om GMR so laat te skuif, is regtig nie pasbaar vir baie ouderdomsgroepe nie. Ouer mense gaan slaap daardie tyd. Bye, bye Kyknet……

Adri ·

Ons oorweeg al hoe meer om dstv te los dit raak al meer pateties en nou is die afrikaanse kanale ook aan skuif ek weet van ouermense wat hul sepies geniet maar gaan nie tot laat aand sit en wag daarvoor nie hoekom krap en skuif almal waar dit nie jeuk nie

yola ·

Karen Meiring, nou het jy nie gedink nie!! Stupid besluit om die minste te se. Asb, doen almal n guns en Los GMR net wa dit is.

Christine ·

Al wat ek sê julle gaan mense verloor..want van 6 tot 8 is familie tyd waar mense as n gesin iets saam doen..watse kind gaan mens tot 9uur in die nag laat wag vir GMR..nee regtig hou hy die ou skedule!!!!

Johann ·

Christine, jy is 100% reg, veral rondom etenstyd, dis nou tussen 6 en 7. En dan met 7 uur nuus wat volg, was dit perfek. O’ja, dis mos die gewildste kyktyd. So wat maak Karen Meiring, sy sê hul grootste prioriteit is om hul kykers in ag te neem, HUL kykers né (so asof hulle die kykers besit, so omgee), sit wol om die mense se oë, dan neem hulle juis die kykers nie in ag nie.

Stepan ·

Die regering stel belasting in bv. suiker en julle kom met programme wat (obesity) bevorder???

Ag nee ·

Mens moet sekerlik erens n klagte kan lê??? Dis belaglik dat als op ons afgedwing word en ons betaal vir hierdie diens!!
Uiters telleurdtellend!! ?

Mari ·

Hulle gaan baie getroud met rugby kykers verloor met nuwe tydgleuf.

pieterf ·

Meiring het geen begrip vir kykers se behoeftes nie en sy is duidelik beinvloed deur die regering se “tranformation” beleid – breek af en verander alles wat werk in beplande gemors. Hierdie simpel “regstellende” besluit behoort ge-SPUR te word.

Moedeloos ·

Mrns raak gatvol want alles word op ons afgedwing soos die regering met al sy belastings van suiker tot sout,program verskuiwings word ook so op ons afgedwing,uitsrnding van legendes? Hoeveel keer nog????!!!!!!!!

Jakobus ·

Maroela, kan julle nie aub hierdie kommentare, waarvan almal geldig is, aan Me Karen Mering stuur nie, sy dra regtig nie Hul kykers se belange, en veral die Afrikaanse gesin se belange, op die hart nie.

Wel dis seker nie net Afrikaanse gesinne wat die geleentheid benut om rondom aandetes, saam met die kinders sepies te kyk nie. Dit het tradisie geraak.

Baie dankie, ons waardeer.

margaret ·

Die verskuiwing van getroud met Rugby…. is n swak besluit… da s baie bejaardes wat ook die sepie kyk hulle gaan nie so laat sit en wag om tekyk ni….. jule kan mos die nuwe programe maar daai tyd op sit hkm nou die sepie na so laat skuif

Reinhardt ·

DSTV kan skuiwe maak soos hulle wil. Ek ken niemand onder 30 met DSTV nie, die dae van broadcast tv is getel. As hulle nie al daardie programme vinnig op ShowMax sit nie gaan hulle geen kykers oor he binne 10 jaar nie.

VanAfrika ·

Dit pas my want nou meng dit nie in met my Housewifes reeks in nie. Ek is net verstom oor julle kommentaar, soos met Mej SA se hijack, kla julle nou oor programme wat gaan skuif. eers wil julle die SABC boikot omdat hulle rassisties is en nie plaasmoorde uitsaai nie en hulle progamme van swak gehalte is, nou wil julle DSTV boikot en afsny omdat program tye verander en julle hou nie van kook programme nie. Gelukkig is dit nie moord en doodslag soos wat op ander kanale uitgesaai word en wat kinders nie mag sien nie. Los die kook programme, vir iemand wat verbeeldingloos is wanneer dit by kosmaak kom, is dit vir my interressant hoe n dis van niks na iets besonders voogele word.

Johno ·

Julle weet duidelik nie hoe die besluite geneem word nie. vir n begin, as jy nie kykers trek oor prime time nie-word jy geskuif, in amerika word jy gecancel. Darm het die stories nie al soos 7de laan geraak waar 35% nou nie afr of engels kan wees nie. Gaan lees op hoekom tye verander word ens voor julle kommentaar lewer oor iets wat jul niks weet nie.

P J ·

Nie al die ou mense het n PVR nie. Karen Los die goed wat werk. Verminder jou engelse goed op kyknet. Ek stem saam die ander mense dit is tyd vir n Spur aksie vir Kyknet. MAROELA WEES ASB DIE SPREEKBUIS EN LIG KAREN IN. Sy peuter met volksbesit

alida ·

Dit is siek om die kommentare te lees. Wees eerder dankbaar dat daar een mens soos Karen is wat tenminste ‘n afirkaanse kanaal aan die gang hou. Kry julle beter afrikaanse programme op SABC ? Se my asb dan gaan soek ek dit. As julle dan nie wil kyk nie los dit en spandeer kwaliteit tyd om die etenstafel met julle kinders. Om saam tyd te spandeer behoort in elk geval nie voor ‘n TV te wees nie. Dit is nie kwaliteit tyd nie. Hou op kla oor die tydgleuwe en kry die explorer waaroor almal so gaande is en kyk wat julle wil op ‘n ander tyd. Tipies ons afrikaners moet altyd kla. Een mens kan nie 14 miljoen kykers gelukkig hou nie. Wees eerder dankbaar dat daar nog afrikaans op TV is.

Leon ·

Ag ja, daar gaan ons alweer! Skuiwe, skuiwe, skuiwe, klink en lyk soos die departement van Finansies. Hoekom geskuif moet word, sal net hulle weet, en die verskonings is pateties.
Net nog meer rede om maar die skottel se draadjie af te knip. Ek wonder die agbare hoofde van SABC, DSTV, Kyknet ens ens al hierdie lekker kommentare gaan lees!
Daar is in elke geval soveel herhalings op al die programme, programme, programme (skuus daar doen ek dit ook), dat die vir my en my vrou deesdae ure se genot verskaf, om ‘n program eers van die tweede helfde af te kyk, en dan die volgende keer kyk ons die eerste helfde….so nou maak ons eie flieks en progamme op.
Maar ten slotte, bye bye DSTV!!

Piet Pille ·

Weereens sonder om kykers te raadpleeg. Skuif kook programme na 21h00 en maak Sterdag aande eerder ‘n fliek aand so skuif Juke Box na 22h00

Marlize ·

Baie ongelukkig met die skuif van Getroud met Rugby na so laat!!!! Baie, baie swak skuif KykNet!!!!! Hoekom iets verander wat Werk!!!!! Waarvoor betaal ons soveel geld?????

Connie Anderson ·

Ek het Kyknet ‘n paar maande terug gelos en is nou op goedkoper opsie. Ek was nog nie vir ‘n oomblik spyt nie. Nou spaar ek nog op geld.

Frieda ·

Ek stem saam met Charles, te veel van trou en wat daarmee gepaard gaan.

Anoniem ·

Kyknet moet eers n stemming onder die publiek doen en so word programme dan geskuif volgens peiling. Man hoe slim raak ek nou.

Cindy ·

Het ons n keuse as kykers? Of neem julle self besluite volgens ons???

Bessie ·

Absolute belaglike besluit om GMR na so laat tydgleuf te skuif. 9h00 maak ons reg om bed toe te gaan en ons is nie ou mense nie. Soggens moet jy half 5 op. Skuif eerder die vervelige Toks en Tjops of 4×4 Safaries en vervelige Jukebox . En wie wil Sondagaande 9h00 eers na ‘n movie kyk dan gaan slap jy want die volgende dag is Maandag en vroeg op. Daar is naweke absoluut niks werd op Kyknet om na te kyk nie. DSTV is ‘n herhaling op herhaling van programme. En o ja nie almal van ons kan PVR’s bekistig nie.

Maryka ·

GMR is deel van ons huishouding se daaglikse rotiene… of nou was dit. Dis n baie slegte skuif. Pleks skuif hulle dit eder net dit 8h toe… swak keuse Kyknet. Hoop julle doen beter publieke navorsing in die toekoms. Die sepie gaan baie kykers verloor. @GMR-span, fight vir julle plek man!

Joanika ·

Ek is baie teleurgesteld dat Getroud met Rugby so laat in die aand is. Baie kinders kyk dit. Seuns van 10 droom om soos Blitz en Reitz rugby te speel. Nou sal daaardie kinders nie meer hulle helde kan sien nie. Dogtertjies wil soos Chrissie wees, tiener meiseis hulle naels en hare by Bibi’s laat doen. Gideon Bekker is ‘n voorbeeld vir elke afrikaner oor hoe mooi taal afrikaans regtig is. Festus en Koekie laat die oumense skater lag. Ek dink nie Kyknet se bestuur het mooi hieroor gedink nie. GMR gaan baie kykers verloor. Dit s regtig baie hartseer. Ek hoop Karen Meiring gaan dink weer hieroor

Louise ·

Ek wonder net hoekom word ons as kykers nie gevra hoe voel ons as hulle skuiwe maak nie. Nie almal het die nuutste DSTV om te kan “tape” nie. Ek voel siels ongelukkig oor die skuif van Getroud met Rugby na 21:00 absoluut te laat. Ek het alreeds na ‘n goedkoper pakket gegaan oor al die herhalings en nou skuif hulle ook nog die bietjie wat ek wel kyk in ‘n ander tydgleuf in. Hoeveel kos programme moet daar nog op kom……dalk is dit die rede hoekom daar so baie mense is wat oorgewig is, dit is net kos en nogmals kos. Oorweeg dit baie sterk om sommer geheel en al my DSTV te stop. Voel regtig ongelukkig hieroor.

Josie ·

Tyd om DSTV vaarwel toe te roep. Al wat ek op Kyknet kyk is Getroud met rugby en Binnelanders. Al die ander ‘n klomp goed wat mens nie na kan kyk nie. So maak maar wat julle wil julle sal my geld nie weer sien nie.

Pieter van Burick ·

Getroude met Rugby baie meer gewilder as as Suid-ooster , waarom dit verskuif Groot fout
Hou van fliek , maar op n Sondagaand 21h00 ! Aai dink tog nugter fliek op n Vrydag of Saterdagaand
Toks & Tjops en Jukebox doen lankal nie meer die ding nie Beide programme kan gerus laataand toe verskuif word.
Superrugby kan gerus teruggeskuif word na 144 asb

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.