kykNET trek nuwe baadjie aan

kykNET trek nuwe baadjie aan (Foto: kykNET)

kykNET het Donderdagaand tydens ʼn regstreekse uitsending op dié kanaal met sy splinternuwe baadjie gespog.

Dié kanaal het die kentekens en visuele elemente van drie van sy gewildste kanale verander en sy splinternuwe slagspreuk bekendgemaak.

Die televisiekanaal se slagspreuk heet voortaan “Vol lewe”.

Volgens ʼn verklaring bied die drie kanale wat veranderings ondergaan het – kykNET Premium, kykNET&kie en kykNET NOU! – steeds gehaltevermaak vir enigiemand met ’n waardering vir Afrikaans.

“kykNET het die afgelope 18 jaar sinoniem geword met plaaslik vervaardigde gehalte-inhoud wat kykers vermaak in elke genre en op elke beskikbare platform. Die nuwe visuele voorkoms verteenwoordig ’n hervestiging van lojaliteit teenoor ons kykers – inspirerende kwaliteit in ruil vir jou kosbare tyd,” lui die verklaring.

Karen Meiring, direkteur van kykNET-kanale, sê dit is belangrik om voortdurend ʼn produk te vernuwe – en dié kanaal verseker dat hulle konstant nuut bly.

“Voortdurende vernuwing en vooruitstrewende denke is belangrik om toonaangewend te wees in ʼn snelveranderde medialandskap. In ʼn wêreld waarin daar so baie inhoud beskikbaar is, wil ons seker maak ons bied waarde vir tyd.

“Die landskap en platforms waarop kykNET se inhoud verbruik word, het verander en daarom is dit noodsaaklik vir ons handelsmerk om hierdie nuwe moontlikhede en geleenthede optimaal te benut,” sê Meiring.

Meiring sê verder dié besluit is geneem ná deeglike marknavorsing wat toon dat kykers in ʼn toekomsgerigte en -gedrewe handelsmerk belangstel. “Ons posisioneer kykNET daarom binne ’n dinamiese globale gemeenskap en media-omgewing waar goeie stories en ryk ervarings al is wat tel. Noudat kykNET-inhoud ook op ShowMax se video-op-aanvraagdiens beskikbaar is in meer as 30 lande, het dié handelsmerk werklik ’n internasionale speler geword.

“Met hierdie nuwe baadjie staan ons op uit ons ikoniese blou gemakstoel en verklaar dat kykNET vol lewe, toekomsgerig en positief is – gereed om ’n groter, wyer wêreld te verken. Ons nuwe kenteken en posisionering weerspieël hierdie opwindende evolusie.”

Hoogtepunte wat in April te sien is, sluit in Kokkedoortjie wat op Woensdag 5 April begin en weekliks om 20:00 te sien is, Phil 101 van Maandag 10 April weekliks om 20:30 en Sara se geheim van Dinsdag 11 April weekliks om 20:00 op DStv-Kanaal 144.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Piet Pompies ·

Ons gesin geniet kykNet vir sy gebruik van Afrikaans as taal medium. Programme is lekker vars, aanbieders uitstekend.
Hou so aan!

Kosie ·

Dieselfde klomp twak herhaal tot vervelens toe. Ek kan eerlikwaar nie glo dat mense hul tyd so kan mors met DSTV nie.

Chris ·

Stem saam Kosie, voeg by die patetiese nuus om 19h00 plus die tot vervelens “kom ons eet programme”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.