‘Legacy’-paartjie deel babanuus

Jay Anstey en Sean-Marco Vorster het aangekondig dat hulle ouers gaan word. (Foto: Instagram/Jay Anstey)

Die akteurspaar Sean-Marco Vorster en Jay Anstey, wat onderskeidelik die rolle van Stefan en Lexi in die M-Net-telenovelle Legacy vertolk, het pas aangekondig dat hulle ʼn pienkvoet ryker gaan word.

Vorster (29) en Anstey (30) het vroeër vanjaar bekend gemaak dat hulle ʼn paartjie is nadat hulle die verhouding maande lank stil gehou het.

Anstey het Donderdag ʼn foto op Instagram gedeel waar sy ʼn string sonarfoto’s na die kamera toe wys terwyl Vorster haar vashou met sy rug na die kamera gedraai.

“Ons het besluit om ons name te verander na Ma en Pa,” het sy by die foto geskryf.

Vorster het in die kommentaargedeelte gesê: “Ek is lief vir jou.” Hy was voorheen in Afrikaanse rolprente soos Vergeet my nie en Susters te sien. Hy het ook ‘n hoofrol in die kykNET-reeks Alles Malan vertolk.

“Starting a Legacy,” het die akteur Neels van Jaarsveld geskerts.

Bekendes soos Nadia Beukes, Sisanda Henna, Anton Jeftha en Kgomotso Christopher het ook die paartjie gelukgewens.

“Baie geluk aan ons eie Stefan en Lexi. Dié twee gaan ouers wees,” het die span van Legacy gesê.

Jay Anstey en Sean-Marco Vorster. (Foto: Instagram/Jay Anstey)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.