Liefde taan vir ‘Boer soek ʼn vrou’-paartjie

Ilne Prinsloo en Graham Lombard. (Foto: Facebook)

Graham Lombard en Ilne Prinsloo, een van Boer soek ʼn vrou se gunstelingpaartjies, se verhouding het skipbreuk gely. Lombard het Donderdag dié nuus aan Maroela Media bevestig.

Die paartjie, wat aan die 12de seisoen van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks deelgeneem het, het volgens Lombard gesamentlik die besluit geneem om die verhouding te beëindig.

“Dit is glad nie lekker nie, maar ons het saam besluit dit is beter vir ons. Dit het net nie gewerk nie,” het Lombard gesê.

“Ons is glad nie kwaad vir mekaar nie en is op ʼn baie goeie voet uiteen. Ek is dankbaar daarvoor dat ons dit op so ʼn volwasse manier kon hanteer.”

Lombard, ʼn melk-en-beesboer van Cradock in die Oos-Kaap, sê hy sal enige tyd weer aan Boer soek ʼn vrou deelneem en is nie spyt oor die verloop van gebeure nie.

“Dit was ʼn ongelooflike ondervinding en al het dit nou uiteindelik nie ten goede uitgewerk nie, het ek baie oor verhoudings en die lewe geleer.”

Hy het bygevoeg dat hy en Prinsloo, ʼn student op Potchefstroom, goeie herinneringe deel. “Ons het die ervaring saam met mekaar baie geniet, maar vir nou is dit beter as ons paaie eerder skei en ek wens haar net die beste toe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Leonie ·

Ai dis nou jammer. So baie van hulle gehou. Maar nou ja, as dit nie werk nie werk dit nie…

Kiewiet ·

Is boer soek n vrou regtig n sukses? Behalwe vir die enkeles wat regtig liefde deur boer soek n vrou gevind het is die program regtig maar n flop, en geld mors. Die paar paartjie wat mekaar gevind het sou in elkgeval bymekaar uitgekom het as ek die Woord nou reg verstaan.

charmaine ·

Sulke onnatuurlike dinge kan nie werk nie. Soek n man of vrou op n normale manier nie net vir aansien en om gesien te word op TV nie.

Niklaas ·

Ek is nie vreeslik verbaas nie. Daarby studeer sy nog ook en sal dit seker nie graag staak nie . Afstand vryery werk ook maar selde. Dis ook beter vroeg as te laat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.