Liefdespaadjie skei vir Richann, René van BSV

Richann en René. (Foto: kykNET)

Richann Brüssow en René de Klerk, die gewilde paartjie wat mekaar op die kykNET-maatsoekprogram Boer soek ʼn vrou ontmoet en sedertdien as die sangduo Reën bekend staan, se liefdespaadjie het geskei.

Wilmer Müller, reklamebeampte vir Boer soek ʼn vrou, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

Hendrik Spangenberg, bemarkingspesialis vir Select Musiek, die Afrikaanse afdeling van Sony Music Entertainment, het aan Maroela Media gesê Brüssow en De Klerk beplan om steeds saam musiek te maak.

“Ten spyte van die hartseer nuus dat Richann en René se paaie as romantiese paartjie geskei het, is hulle op goeie voet uitmekaar en gaan hulle steeds voort as die sangduo Reën,” sê Spangenberg.

“Aanhangers kan uitsien na nuwe musiek in die toekoms.”

Brüssow (30) en De Klerk (26), albei van die Vrystaat, het in April vanjaar hulle debuutenkelsnit getiteld “Vrystaat vlaktes” as die sangduo Reën uitgereik. Dié liedjie het groot sukses behaal en is tans in die sewende plek op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 te hoor.

Brüssow en De Klerk het saamgewerk aan die lirieke, terwyl Murray Lubbe en Shan Read die melodie geskryf het.

Richann en René het die Afrikaanse musiekbedryf betree met die enkelsnit “Vrystaat vlaktes”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kobus ·

Dis jammer. Dit het gelyk of hulle uitstekende pasmaats is.

SjN ·

Eerder nou gebeur, albei nog jonk, saam sing en saam wees vir die res van jul lewe is nie dieselfde nie.

piet ·

Dit lyk vir my dat die meeste mense wat aan die program deelneem net ‘n rukkie in die kollig wil wees.

Kokkie ·

Ek stem eenhonderd persent saam met jou, Piet. Die hele konsep is so belaglik, geforseerd en kunsmatig. Trou is mos darem nie perdekoop nie. Inderdaad so ‘n bietjie kollig soek.

Hennie ·

BSV – ‘n program vir Afrikaanse boere wat te pap is ‘n n meisie te kry…

Werner ·

Hierdie peogram is n klomp snert.Dit is vir n lui man wat te sleg is om n meisie self te soek.En die vrouens is n klomp skatte jagters die verhoudings se fondamente is verkeerd en daarom sal dit nie hou nie

Niklaas ·

Lyk my net 5 % van al hierdie paartjies op die TV program eindig voor die kansel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.