Lokprent: ‘Troukoors’ terug met tweede seisoen

Ilse-Lee van Niekerk (foto: verskaf)

Aanhangers van die Showmax-trefferreeks Troukoors kan hul vere begin regskud vir ’n volgende seisoen wat in Mei vanjaar weer op die kassie gaan wees.

Die lokprent vir dié opwindende nuwe reeks is pas deur Showmax uitgereik, en gee kykers ’n heerlike voorsmakie van wat in hierdie seisoen verwag kan word.

Nie net keer Ilse-Lee van Niekerk, Blyde Smith en Bianca Flanders terug vir die tweede seisoen nie; ’n reeks bekende gesigte insluitend dié van Melt Sieberhagen, Ilse Klink en Edwin van der Walt sal ook in die jongste reeks te sien wees.

“Ons het besluit om ʼn ligte en prettige reeks te skep wat oor hedendaagse romanse gaan. Ek dink ons het ons doelwit bereik, maar Troukoors het gegroei tot soveel méér as dit.

“Dit het ook ʼn viering geword van vriendskap en gekose families, want ons almal kort meer as een mens om ons harte vol te maak. Ons het elkeen ons eie klein gemeenskap nodig om die persoon te word wat ons veronderstel is om te wees,” verduidelik Louis Pretorius, ʼn Suid-Afrikaanse rolprent- en televisietoekenning (Safta) -wenner en een van die skeppers van die reeks.

Albert Snyman, nog ʼn Safta-benoemde, is mede-skepper met Nina Swart as regisseur van die reeks.

Troukoors volg die wel en wee van drie vriendinne (Van Niekerk, Smit en Flanders) in hul pogings om die woeste waters van romantiese verhoudings te navigeer.

  • Die eerste seisoen is reeds hier op Showmax beskikbaar.
  • Die tweede seisoen van Troukoors sal op 5 Mei 2022 op Showmax beskikbaar wees.

Kyk hier na die lokprent van Troukoors se tweede seisoen:

Troukoors | Season 2 coming 5 May

It’s never “just a wedding” – it’s lives and people. And the wonderful planner on #Troukoors also needs some help. Coming to Showmax on 5 May. https://shw.mx/3r5DJEw

Posted by Showmax on Thursday, April 7, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wondermaarnet ·

Ek het dit begin kyk en van die begin af gedink dit is snert, maar toe aanhou kyk en na die 5e episode besluit dit is amateuragtig en nie vir my nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.