Lollos en Lettie kom kuier uit Lalaland

Lollos, daai liewe blou en groen gedroggie van Lalaland, het reeds baie diep in Suid-Afrikaanse kinders se harte gekruip.

Lollos en Lettie kom net aarde toe as kinders opgewonde lag: dan werk hulle vlerkies en hulle kan al die pad tot op ons planeet vlieg. En dis dié gekuier wat die Lollos-reeks so gewild maak!

As Lollos en Lettie kom kuier word daar gesing, gedans en altyd iets geleer, en teen die einde van die kuier is almal gelukkiger, slimmer en fikser. Lollos en Lettie se maats Disco, Minki en Alta kuier ook saam, en soms maak Muisvriend en Boomer ook ʼn verskyning.

In elke episode van Lollos kan klein kykertjies iets leer: van die alfabet tot hoe om te tel, die dae van die week, watter kosse goed en gesond is en inligting oor Suid-Afrika. Hulle kan ook leer om rommel te herwin en hoe om fiks te word. Die liewe Lollos en Lettie gaan sorg vir ure se vermaak, en met Showmax is hulle enige tyd en enige plek byderhand, selfs op jou slimfoon, tablet of skootrekenaar as jy nie tuis is nie.

Vanaf 20 Julie is vyf DVD’s van Lollos vir die eerste keer op Showmax beskikbaar.  Indien jy nog nie vir Showmax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.