‘Love Island’ kom na SA

Love Island SA (Foto: M-Net)

Aanhangers van die internasionale realiteitsprogram Love Island kan in Februarie vir ʼn plaaslike weergawe van dié gewilde maatsoekprogram voor die televisie inskuif.

M-Net het die nuus bevestig deur die opening van inskrywings aan te kondig.

Love Island South Africa is ’n voortsetting van M-Net se strategie om premium gehalte programme te bied wat in lyn is met wêreldwye tendense,” sê Nkateko Mabaso, M-Net se uitvoerende hoof.

Love Island sluit ʼn groep enkellopers in wat in ʼn pragtige omgewing bymekaarkom, gewoonlik op ʼn eiland, strand of by ʼn deftige hotel. Daar begin hulle ʼn somer van liefde, vriendskap en uiteindelik verhoudings.

Elke week moet die eilandgangers pare vorm en elke week word die opsie gebied om met iemand anders ʼn paar te vorm. Die deelnemers wat nie in ʼn paar is nie, kan huis toe gestuur word.

Verskeie uitdagings, dramatiese omswaaie en nuwe gesigte op die eiland sorg vir vermaaklike kykersgenot en drama.

Hoewel die eilandbewoners op soek is na liefde, moet hulle ook sorg dat hulle bowenal die harte van die kykers wen, want die kykers besluit uiteindelik watter paar met die finale prys van R500 000 wegstap.

In Suid-Afrika sal Rabid Blue, dieselfde produksiehuis wat The Bachelor SA en The Bachelorette SA vervaardig, ook Love Isand South Africa vervaardig.

M-Net het laat hoor dat Love Island SA in die Wes-Kaap verfilm sal word. Inskrywings het op 8 November geopen en voornemende deelnemers kan hier inskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Flamink

Hoekom kan hulle nie iets oorspronklik uit dink vir ‘n slag nie? Bly oorsese programme vat en plak eenvoudig net “SA” agter elke titel. En boonop is elke een na die ander ‘n groter flop. Nee, dankie.