
Amor Vittone se jongste album met een van die snitte “Alles net oor jou” wat gewild is. Foto: Facebook.
Ná vyf jaar is Amor Vittone terug met ʼn splinternuwe album waar sy vir die eerste keer, soos sy dit stel, haar hand op papier gesit en seker gemaak het haar eie stem kom deur in die musiek wat sy sing.
Die sprankelende vermaaklikheidspersoonlikheid het ʼn draai in Maroela Media se ateljee kom maak en met Esté Meyer Jansen gesels oor die album. Sy het vasgestel dat ons vir Amor ook binnekort weer as aanbieder op die klein kassie gaan sien.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Kan iemand my help oor die Carsia pille wat van Dr OZ kom van oorsee wil graag weet wat dit kos en waar doen mens aabsoek. Asb