
Die K2-tweeling, oftewel Charlie en Alex Kotze, is die nuwe aanbieders van die selfdoenprogram ‘Oulap se rooi’. Foto: Facebook
Alex en Charlie Kotze, ook bekend as die K2-tweeling, is alombekend in die modewêreld. Dié tweeling hou egter nie net hul lyf model nie, maar boer ook saam met hul pa buite Vredendal. Nou is hulle ook eersdaags te sien as die aanbieders van die selfdoenprogram Oulap se rooi.
Dié televisiereeks is oorspronklik sowat 12 jaar gelede uitgesaai en fokus op opknapping in en om die huis.
Maroela Media het met Alex gesels oor hul lewe tussen die plaas, die loopplank en nou die televisie.
Indien jy ʼn vertrek in jou huis het wat ʼn nuwe baadjie nodig het, klik hier om in te skryf vir die program of om meer daaroor uit te vind. Inskrywings is oop tot 14 Junie 2015.
Oulap se rooi is van 2 Julie op kykNET (kanaal 144 op DSTV) te sien.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Wie dit mag aangaan
Wil graag weet hoe werk dit om in te skryf vir Oulap se Rooi. Ek het n vertrek wat ek baie graag wil laat oordoen deur die alombekende tweeling. Sal u so gaaf wees en net vir my terugvoer gee op die navraag.
Baie dankie
Irene Beukes