Die ATKV-Mediaveertjies vereer jaarliks presteerders in die Afrikaanse mediabedryf en dié toekenningsgeleentheid is die afgelope naweek by Vodacom World in Midrand gehou.
Maroela Media het met die wenners Daniëlla van Heerden, Annie Malan en Emo Adams gesels oor wat die veertjie vir hulle beteken. Emo was ook saam met Anne Hirsch een van die aanbieders by dié geleentheid en ons het ook by hulle uitgevind hoe lank hulle vir die geleentheid voorberei het.