Luister: GROOTfm eersdaags op die kassie

Die span van die onbytprogram 'Die Groot Ontbyt'. Foto: Verskaf.

Die span van die onbytprogram ‘Die Groot Ontbyt’ v.l.n.r.: Hendri Myburgh, Rouchelle Liedemann, Johrné van Huyssteen, Nadia Beukes en Elsa Esterhuizen. Foto: Verskaf.

GROOTfm se gewilde ontbytprogram, Die Groot Ontbyt, gaan van 10 Augustus af regstreeks op kykNET uitgesaai word.

Hardus Zevenster, hoof- uitvoerende bestuurder van GROOTfm, vertel dat dit die volgende logiese stap vir die radiostasie was. “Ons fokus was nog altyd gerig op die Afrikaanse mark van Pretoria. GROOTfm 90.5 se aanslag was só goed ontvang dat ‘n nasionale aanvraag ontstaan het. Die vennootskap met kykNET gaan hierdie aanvraag op ‘n unieke, vars wyse bevredig.  Dit is net die begin van nog GROOTfm dinge wat gaan kom”, sê Zevenster.

Johrné van Huyssteen sluit as ankeraanbieder by die ontbytprogram aan met Nadia Beukes, die aanbieder van Boer soek ʼn Vrou as sy regterhand. Hendri Myburgh, Elsa Esterhuizen en Rouchelle Liedemann maak ook deel uit van dié span.

Karen Meiring, M-Net-direkteur van Afrikaanse kanale sê dat hulle baie entoesiasties is oor hierdie vars en inspirerende aanbod vir die kykers.  “kykNET hou van eerstes, en so ʼn hibried-konsep tussen radio en televisie maak baie sin vir beide partye en gaan die aanbieders die geleentheid gun om hul talentvolle vlerke nog wyer te sprei.”

Die Groot Ontbyt word van 10 Augustus af elke weeksoggend tussen 06:00 en 08:00 op kykNET en GROOTfm uitgesaai.

Maroela Media het met Riaan Grobler, skakelbeampte van GROOTfm oor Die Groot Ontbyt gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.