Kykers is gewoond om hom weekliks te sien op die TV-program Bravo!, maar Hannes van Wyk skuif eersdaags na die Kwêla-bank waar hy oorneem by Coenie de Villiers.
Maroela Media het met Hannes gesels oor sy nuwe rol as aanbieder van Kwêla en hy deel ook ʼn paar hoogtepunte van sy tyd by Bravo!
Blegh! Nee wat, was nie ‘n Coenie-aanhanger nie en nog minder een van Hannes. Hou verby.
Ek reken Hannes is ‘n baie goeie keuse – Welgedaan Kyknet – uitstekende aanbieder!
Ek het baie van sy manier van onderhoudvoer gehou op Bravo, hy het sulke stoute oë en is soms baie tong-in-die-kies! Mens sal moet gewoond raak aan hom op Kwêla en mense sal nou nie weer dadelik moet vergelykings tref tussen hom en Coenie nie. Elke ou is anders en ek dink ook hy is ‘n goeie keuse.
Ek hou baie van Hannes. Hy is nie’n “aangeplakte” aanbieder nie. Opreg en praat soos enige een van ons. Hoop net hy doen iets aan daardie liederlike Kwela-bank. Sien baie uit om jou daar by Kwela te sien Hannes. Go vir dit!!