Luister: Koos Kombuis kuier met nuwe musiek in die Blou Hond


Koos-Kombuis-by-die-Blou-Hond

Koos Kombuis gaan van sy nuwe liedjies by die Blou Hond restaurantteater in Lynnwood sing. Foto: Casatoscana.co.za

As jy een van die eerstes wil wees om ʼn paar van Koos Kombuis se nuwe liedjies te hoor, moet jy hierdie Donderdag in die Blou Hond-restaurantteater in Lynnwood, Pretoria, wees.

Esté Meyer Jansen het met Koos Kombuis gesels by sy huis in Somerset-Wes oor die nuwe musiek en sy skryfwerk. Hy vertel ook wat hou hom aan die sing en skryf:

  • Koos Kombuis is op Donderdag 26 Maart by die Blou Hond-restaurantteater te sien. Kaartjies vir die vertoning sluit ʼn ete in. Besprekings kan gedoen word by [email protected] of skakel 012 348 8820. Jy kan die Blou Hond se teaterprogram op hulle Facebookblad kry of volg hulle op Twitter by @BlouHondTuis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wim Steenkamp ·

Koos Kombuis se nuwe musiek?

Ek druk eerder knopiespinnekoppe in my ore.

Pierre Celliers ·

Koos Kombuis en “musiek” is antoniem. Hierdie ou kon nog nooit sing nie,
en ek verstaan nie mooi al die bohaai nie. Miskien is daar ‘n paar mense
wat hom aanhang omdat hy goed kan vloek, en nie vir sy “sang talent” nie.
Hy besef natuurlik ook hy kan nie sing nie, daarom vloek hy maar om bietjie
aandag en publisiteit te kry! Nee wat hou vir julle!

Danie die Bosotter ·

Die man is voor my tyd, ek wens hy wil besef hy is verby sy tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.