[Luister] Kykers sien rooi oor ‘laster’ in Getroud met rugby

Louis van Niekerk as Festus (links) en Kevin Leo as Boeps (regs) in 'Getroud met rugby'. Foto: Verskaf

Louis van Niekerk as Festus (links) en Kevin Leo as Boeps (regs) in ‘Getroud met rugby’. Foto: Verskaf

Kykers van die gewilde kykNET-televisiereeks Getroud met rugby het hulle ongelukkigheid uitgespreek oor ʼn onlangse episode van dié reeks.

In die episode besluit Festus (vertolk deur Louis van Niekerk) om ʼn “Huis van wonders” saam die karakter Boeps (vertolk deur Kevin Leo) te begin en homself as ʼn profeet voor te doen. Op dié manier kry die karakters dit reg om godsdiens uit te buit en sodoende geld te maak.

ʼn Paar kykers het hulself tot sosiale media gewend om hulle ontevredenheid oor die storielyn uit te spreek. Sommiges het selfs daarna verwys as godslasterlik.

Tersia Brand het op Getroud met rugby se Facebook-blad gesê: “Nee hoe kan jul so bespotting maak van iets wat vir ons heilig is!!! Dis absoluut godslasterlik!!! Getroud met rugby ons is so teleurgesteld en vanaand is beslis die laaste keer dat ek na jul vieslike sepie kyk!!!! Toevallig is daar nog mense wat waardes het.”

Bianca Minnie het gesê: “Hou nie van hoe Festus kamstig profeet is nie. Ek voel hulle spot met kerk.”

Deon Opperman, een van die skrywers van die reeks, meen dit maak nie sin dat kykers die toneel as godslasterlik sien nie.

Hy verduidelik hoekom hy dink mense op dié manier reageer.

Volgens Deon het hy nie noodwendig dié reaksie verwag nie, maar hy het tog ʼn vermoede gehad dat daar kommentaar daaroor sou wees aangesien die tema van geloof aangeraak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marlene Oosthuizen

Ek het al na die tweede episode opgehou kyk. Dit is commin verby

Tinus

‘n Storm in ‘n koppie tee, as ek vir wyle dr Connie Mulder mag aanhaal.

Judy

Tensy ek iets gemis het was die naam van die hemelsevader nooit gebruik nie. Dis net ‘n TV programme, nie die werklike lewe nie

susan

Ek het net die eerste 10 minute van die huidige reeks gekyk. Geweeg en te lig gevind. Het beter dinge om met my kosbare tyd te doen.

Zoey

Ek stem saam, dit is onvanpas. Ek geniet die reeks baie, dit is so baie waar aan vandag se lewensstyl en waardes wat baie mense het, dit laat my op ‘n Dinsdag aand ontspan en ek lag lekker. Die gedeeltes waar Festus ‘n profeet is en sy hande lig ens ens dit is onnodig en ek sou ook verkies dat dit heeltemal uit die reeks gehaal word. Leer asb een ding in die lewe, jy raak nie aan mense se geloof nie. Dit is een plek waar baie van ons nog opstaan en se genoeg is genoeg.