Die span van die immergewilde reeks Boer soek ʼn vrou is tans besig met ʼn nuwe seisoen vir die program en vroue kan eersdaags hulle inskrywings vir die nuwe seisoen van dié reeks stuur.
Maroela Media het met die aanbieder, Nadia Beukes, gesels oor haar ervaring van die vorige seisoen en wanneer hulle begin met verfilming vir die nuwe seisoen. Sy deel ook ʼn paar hoogtepunte.