
Nataniël en sy broer Erik is eersdaags saam op die kassie te sien in die nuwe program ‘Edik van Nantes’. Foto: Verskaf.
Nataniël het die manier waarop Suid-Afrikaners na kosmaak en onthaal kyk heeltemal verander toe hy met sy uiters gewilde program, Die Nataniël Tafel, begin het. Met sy nuwe program, Edik van Nantes, wat eersdaags op die kassie te sien is, kan kykers uitsien na nóg heerlike resepte en skreeusnaakse oomblikke, maar hierdie keer speel dit in die Franse stad Nantes af.
Nataniël het ʼn groot liefde vir Europa en aangesien sy broer al jare lank in Frankryk woon, het dit vir hom soos ʼn tweede tuiste geraak.
Maroela Media het met hom gesels oor die nuwe program en wat kykers kan verwag. Hy verklap ook wat vir hom die lekkerste van Franse kos is.
Edik van Nantes is van 13 Oktober op kykNET te sien.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Behoort ‘n wenner te wees!
Die program “EDIK VAN NANTES” is n ongelooflike program met indrukwekkend en kreatiewe denke.