Luister: Proesstraat se Cindy Swanepoel is veel meer as ʼn grapjas


Cindy Swanepoel is te sien in Getroud met Rugby. Foto: kykNET

Cindy Swanepoel is te sien in Getroud met Rugby. Foto: kykNET

Cindy Swanepoel het al in talle kinderproduksies gespeel en sy laat gereeld die gehoor skaterlag in Proesstraat. Vanjaar was sy ook in haar eerste vollengte speelfilm, Ballade vir ʼn Enkeling, te sien waarin sy weer haar komiese talent vertoon het.

Sy is ook te sien in die nuwe reeks van Getroud met Rugby asook die verhoogstuk My boetie se boetie se boetie se baba. 

Maroela Media het met Cindy gesels oor haar vermoë om komedie op ʼn vars manier aan te bied, haar rol in Getroud met Rugby en sy vertel ook meer van haar produksiehuis wat spesialiseer in skaduteater.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.