Luister: Ruda Landman oor groot besluite en nuwe program


Kim Cloete en Ruda Landman is die aanbieders van die nuwe televisieprogram VeranderDinge wat eersdaags te sien is. Foto: Verskaf.

Kim Cloete en Ruda Landman is die aanbieders van die nuwe televisieprogram ‘VeranderDinge’ wat eersdaags te sien is. Foto: Verskaf.

Haar naam is amper sinoniem met Carte Blanche en vir 19 jaar lank was kykers gewoond daaraan om haar Sondagaande op televisie te sien. Nou is Ruda Landman weer Sondagaande terug op die kassie met ʼn splinternuwe program, VeranderDinge.

In dié program gesels Ruda en haar mede-aanbieder, Kim Cloete, met mense oor draaipunte in hul lewe wat ʼn groot verandering meegebring het. Die program dek ʼn verskeidenheid onderwerpe en daar word selfs met ʼn paar bekendes gesels oor die groot draaipunte in hulle lewens.

Maroela Media het met Ruda gesels oor haar groot besluit om ná 19 jaar die program Carte Blanche te verlaat, wat kykers van die nuwe program kan verwag en sy gee selfs raad vir mense wat deur ʼn groot verandering in hulle lewe gaan.

VeranderDinge begin op 19 Julie om 18:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ludie ·

Hoekom is dit so nuuswaardig ? Ek vra weer soos voorheen…….. Is Maroela Media deel van Media 24 ?

Kobus ·

Tannie Ruda is ‘n legende! Baie geluk en sterkte met die nuwe program.

Shannon ·

Ruda, vir ewig vasgelê in my gedagtes as Derick Watts se mede langneus .. wie `n sensasionele sousbeen kon uitsnuffel terwyl die ware tragedie totaal geignoreer word. `n Joernalis van formaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.