Haar naam is amper sinoniem met Carte Blanche en vir 19 jaar lank was kykers gewoond daaraan om haar Sondagaande op televisie te sien. Nou is Ruda Landman weer Sondagaande terug op die kassie met ʼn splinternuwe program, VeranderDinge.
In dié program gesels Ruda en haar mede-aanbieder, Kim Cloete, met mense oor draaipunte in hul lewe wat ʼn groot verandering meegebring het. Die program dek ʼn verskeidenheid onderwerpe en daar word selfs met ʼn paar bekendes gesels oor die groot draaipunte in hulle lewens.
Maroela Media het met Ruda gesels oor haar groot besluit om ná 19 jaar die program Carte Blanche te verlaat, wat kykers van die nuwe program kan verwag en sy gee selfs raad vir mense wat deur ʼn groot verandering in hulle lewe gaan.
VeranderDinge begin op 19 Julie om 18:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv).
Hoekom is dit so nuuswaardig ? Ek vra weer soos voorheen…….. Is Maroela Media deel van Media 24 ?
Tannie Ruda is ‘n legende! Baie geluk en sterkte met die nuwe program.
Ruda, vir ewig vasgelê in my gedagtes as Derick Watts se mede langneus .. wie `n sensasionele sousbeen kon uitsnuffel terwyl die ware tragedie totaal geignoreer word. `n Joernalis van formaat.