Riaan Grobler werk nou al reeds drie jaar aan sy jongste album, Dis die liefde, wat in Oktober bekendgestel is. Nie net het hy die geleentheid gehad om saam met vier van sy gunsteling-sangeresse duette te sing op hierdie album nie, maar hy is ook deesdae te sien as ʼn aanbieder en vervaardiger van kykNET se ontbytprogram, Die groot ontbyt.
Riaan het ʼn draai in Maroela Media se ateljee kom maak en met Esté Meyer Jansen gesels oor die album en uitgevind hoekom hy die album as so persoonlik beskou.