Podcast: Play in new window

Annelize Andrews en Pieter Smith is die aanbieders van die reeks, In die spore van Afrikaans, wat die ontwikkeling van die jong moderne taal bekyk. Foto: Verskaf.
Afrikaans is een van die jongste erkende tale in die wêreld en vier vanjaar sy 90ste bestaansjaar. Die vervaardigers van die televisie-reeks, In die spore van Afrikaans, het gaan uitvind watter soort invloede het Nederland, Duitsland, Frankryk, Maleisië, die Khoi en selfs Engeland op die moderne taal se ontwikkeling gehad.
Esté Meyer Jansen het met die uitvoerende vervaardiger, Blacky Swart, vanuit die Paarl gesels om meer oor dié tv-reeks uit te vind: