
Die rolverdeling van ‘Lucifer’. Foto: Facebook via M-Net
M-Net het gehoor gegee aan kykers se klagtes dat die televisiereeks Lucifer van té sensitiewe aard is om in die tydgleuf tussen 19:00 en 23:00 te vertoon.
Aanhangers van dié reeks kan verwag om dit voortaan Vrydae om 23:00 op die M-Net-televisiekanaal te sien. Die ouderdomsbeperking van die reeks word ook verhoog na 16.
Lucifer is ʼn fantasiereeks wat gegrond is op ʼn strokiesprentboek. Die storie handel oor Lucifer Morningstar wat sy troon as koning in die hel prysgee om in Los Angeles te woon vir ʼn opwindender avontuur.
“Weens die sensitiewe aard van die inhoud van die reeks, het M-Net besluit dit is beter om die reeks laataand te vertoon,” het Gideon Khobane, direkteur vir M-Net en die M-Net reeks-kanaal, gesê. “Hoewel M-Net graag uitdagende en ongewone reekse vertoon wat hoog aangeskrewe is, het ons besluit die inhoud pas nie by die oorspronklike tydgleuf nie.”
Kykers kan voortaan verwag om Woensdae om 19:00 die televisiereeks Unforgettable (Seisoen 4) en Show me a Hero in die ou tydgleuf te sien.
Besoek M-Net se webwerf.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
As Christen kan ek nie anders as om so ‘n program te veroordeel nie, hoekom Satan in enige vorm te verheerlik. Die bose kom gewoonlik in die mooiste gewaad om sy KWAAD te verbloem.
Indien dit gedoen word omdat kykers daarop aandring is dit ‘n blatante leuen om te sê dat Mnet so besluit het weens die ‘sensiwiteit’ daarvan. En soos Christo en Maddox sê is daar verskuilde motiewe om sulke gemors enigsins uit te saai.
Hoekom die tye verander? Haal dit AF ! Dis ONAANVAARBAAR !!! Dis teen ons Christene se geloof. Die link sal aangestuur word.
Haal net die gemors af!!!
Absoluut weersinswekkend dat so naam gebruik word.