Maak die langpad kort met dié reekse

Of jy nou die langpad gaan aandurf hierdie feesgety, of dalk gaan wegbreek iewers heen waar daar nie selfoonopvangs is nie, kan jy nog steeds ontspan met die lekkerste televisiereekse op Showmax!

Met die Showmax-app op jou selfoon of tabletrekenaar kan jy tot 25 programme aflaai om dit enige tyd te kyk – sonder om data te gebruik. Dis perfek vir die langpad, vlugte en tegnologievrye vakansies. Sodra jy ʼn episode of fliek begin kyk, het jy 48 uur om dit te kyk voor dit outomaties van jou toestel verwyder word.

Hier is ʼn paar reekse wat gewaarborg is om jou te vermaak:

1. Brooklyn Nine-Nine
Beleef die lawwe avonture van dié polisiestasie met Andy Samberg, wat ʼn Golden Globe-toekenning ontvang het vir sy hoofrol in hierdie grappige komedie.
Kyk die reeks nou op Showmax.

2. The Hobbit-versameling
Bilbo Baggins moet in dié avontuur-trilogie baklei om die Dwarven-troon terug te kry, en op pad vreesaanjaende monsters en drake aandurf. Is sy hart groot genoeg en het hy genoeg durf om suksesvol te wees?
Kyk die trilogie nou op Showmax.

3. The Big Bang Theory
Dié reeks laat bleeksiele (“nerds”) cool lyk. Beleef die manewales van hierdie groep briljantjies wat so lief is vir tekenprentboeke en wetenskapfiksieflieks terwyl hulle meer leer oor liefde en die lewe.
Kyk die reeks nou op Showmax.

4. The Blue Planet – A Natural History Of The Oceans
ʼn Pragtige dokumentêre reeks, wat Emmy- en Bafta-toekennings ontvang het, en leer meer oor die geheimenisse wat in ons oseane opgesluit is.
Kyk die reeks nou op Showmax.

5. The Flash
Beleef dié klassieke DC Comics-verhaal in lewende lywe! Barry is ʼn misdaadondersoekbeampte wat bomenslike kragte ontwikkel en vasbeslote is om sy stad te red.
Kyk die reeks nou op Showmax.

6. Superstore
Aandag alle Superstore-aanhangers! Daar is ʼn splinternuwe seisoen met lagwekkende gebeure in die werksplek wanneer die span van die Cloud 9-winkel terugkeer.
Kyk die reeks nou op Showmax.

Só kan jy flieks en televisiereekse aflaai:
1. As jy nog nie ʼn Showmax-rekening het nie, teken in by showmax.com
2. Laai die Showmax-app af op jou slimfoon of tabletrekenaar (iOS of Android)
3. Maak die Showmax-app oop en kies watter fliek of televisiereeks jy graag wil aflaai
4. Klik op die “aflaai” (“download”)-knoppie, reg langs die “speel” (“play”)-knoppie
5. Kies of jy dit in lae gehalte, standaard gehalte, goeie gehalte of hoë gehalte wil aflaai (afhangend van die spoed van jou data en beskikbare spasie op jou toestel)
6. Die episode/fliek sal dadelik begin aflaai en sodra dit afgehandel is, kan jy dit enige tyd kyk!

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay.

Hierdie flieks en reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.