‘Maak my famous’-wenner: ‘Dit is onwerklik’

Cheswyn Ruiters (Foto: Verskaf)

Nadat hy week na week sy hart uit gesing het, is Cheswyn Ruiters (23) van Worcester in die Wes-Kaap Donderdagaand as die wenner van die talentsoek-kompetisie Maak my famous aangewys.

Dié kompetisie, wat die geesteskind van die bekende sanger Emo Adams is, is gisteraand regstreeks op kykNET en kykNET&kie uitgesaai.

Ruiters het ná die aankondiging gesê hy is steeds oorbluf.

“Dit voel ongelooflik, dit is nog baie onwerklik. Maar ek is baie dankbaar vir elkeen wat gestem het en vir Emo wat my gekies het.”

Ruiters het gesê daar het nie veel deur sy kop gegaan in die oomblikke voor die wenner aangekondig is nie, behalwe dat hy bang was en dat hy gehuil het.

Emo Adams en Tarryn Lamb is die aanbieders van die program (Foto: Facebook)

“Eerstens wil ek vir die Here dankie sê dat Hy my tot hier gebring het. En dan wil ek vir elke aanhanger sê baie, baie dankie dat julle glo in my, dat julle glo in my droom en dat julle my ondersteun.”

Adams, Karen Zoid en Kurt Darren het almal in die eindronde van Maak my famous opgetree.

Die top-10 (Foto: Facebook)

Die publiek het ook die afgelope week die geleentheid gehad om te stem vir hul gunsteling-deelnemer onder die vier top-kandidate. Meer as 1,4 miljoen stemme is ontvang en Adams het uiteindelik aangekondig dat Megan Danner, Cheswyn Ruiters en Bernice West die drie top-kandidate is wat dit vir die no. 1-posisie sou uitspook.

Adams was wel vol verrassings en het besluit om nie net vir die wenner nie, maar vir al vier die top-kandidate ʼn jaar lange kontrak van All Star Management te gee. Dit sluit die groep SA Ensemble in. Elk van die top-tien het ook elkeen R10 000 in kontant, geborg deur Toyota, ontvang.

Adams het ook aangekondig dat hy vir Ruiters en West, die twee in die eindronde, saam met hom op toer gaan neem. Die naaswenner ontvang ook R50 000 in kontant.

Ruiters wen ʼn jaar lange kontrak met All Star Management, ’n jaar lange bemarkingskontrak van Ian Bredenkamp-media, R50 000 se klere en bykomstighede van TFG, ’n Toyota-voertuig ter waarde van R380 000, R100 000 kontant en die geleentheid om saam met Emo Adams te toer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

thea ·

die ou skreeu net
geweet hy gaan wen, maar ons weet mos hoe wen mense die dae nou
ons is net daar om die getal vol te maak

Liza ·

In my oe is al vier wenners, maar ongelukkig is daar net vir een plek om te wen.
Dankie Emo vir die reeks dit was uitstekend……en in hierdie reeks van jou is daar regte baie talent…..talentvole jongmense……..
Geluk ook aan Cheswyn.

ANC ·

Die beste het nie gewen, wat n jammerte… SA Ensemble was week in en week uit fie beste, en saam hulle Bernice West. Een van hulle moes wen. Teleurgesteld in die eindresultaat

Bonita ·

Jou skuif naam ANC sè Alles. …!! Jy wou dat swart wen. Ons as kleurlinge is Mal oor hulle en as jy die groep Romanz Ken…..hulle gaan in hul voetspore volg…..dink egter jy ken hul nie..^*****

Vonny ·

Dankie dankie Emo vir wat JY vir afrikaans doen. Die publiek het gestem vir die top 4. Nie Emo! !! 2 blanke meisies in die top 3 . Hou op kla julle !°°

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.