‘Maak My Famous’: Wie sal koning kraai?

Die bekende kykNET-talentsoekreeks Maak My Famous het Donderdagaand sy topvyf aangekondig. Een van dié hoopvolle deelnemers sal met ʼn platekontrak en die geleentheid om saam met Emo Adams die land te toer, wegstap.

Dié kompetisie wat al sedert verlede jaar soek na versteekte talent oor die hele Suid-Afrika, het op 18 April op die kassie begin wys. Die bekende sangers, Emo Adams en Tarryn Lamb, is die aanbieders van die reeks, terwyl Alistair Izobell, Charlton Daniels, Nur Abrahams en Ian Bredenkamp as talentagente dien.

Nadat die reeks met 48 hoopvolle talentvolles begin het, is daar nou slegs vyf oor wat meeding om die wennerposisie, wat op 11 Julie aangekondig sal word.

Hier is die topvyf deelnemers in Maak My Famous:

Bernice West (Foto: Verskaf)

Bernice West (18)

Bernice is ’n matrikulant van Swartruggens. Sy is een van die jongste deelnemers aan die program. Sy is werklik “dinamiet in ’n klein pakkie” en volgens Emo besef sy self nog nie hoe talentvol sy is nie.

Megan Danner (Foto: Verskaf)

Megan Danner (21)

Dié boorling van die Paarl in die Boland sing al vandat sy ses jaar oud is en het in 2016 die tweede plek gehaal in die Solis vir Christus-kompetisie op kykNET Nou!. Megan studeer deesdae BSc (dieetkunde) aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus en is deel van ’n musiekgroep Rooksein.

Cheswyn Ruiters (Foto: Verskaf)

Cheswyn Ruiters (23)

Dié boorling van Worcester in die Wes-Kaap is ’n finalejaar-BA-student aan die Universiteit van Wes-Kaap. Hy het vanjaar sy onderwysstudie gestaak om aan die talentkompetisie deel te neem. Cheswyn, wat die jongste van vier kinders is, het op 10-jarige ouderdom in die kerk begin sing en op 16 al aan talentkompetisies deelgeneem.

SA Ensemble (Foto: Verskaf)

SA Ensemble

Dié drie manne met die goue stemme van Vanderbijlpark in Gauteng beïndruk elke keer dat hulle op die verhoog stap. Die sanggroep bestaan uit Kabelo Lekgau (27), Innocent Nhlapo (30) en Sekgwari Donald Moropa (35). Sekgwari het dié groep gestig.

The Unknown. (Foto: Facebook)

In 2015 het hulle buite die Vaalstreek begin optree as ses lede wat bestaan het uit oudstudente van die Vaal Universiteitskoor; vandag bestaan die groep uit drie lede. Die driestuks het almal hul onderskeie betrekkings laat vaar om aan Maak My Famous deel te neem, nadat hulle in ʼn Dros-restaurant ontdek is deur Charles van Niekerk wat hulle ingeskryf het.

The Unknown

The Unknown is ‘n dansgroep van Ocean View in Kaapstad wat bestaan uit Jean-Pierre Koopman, Brandon Silinda, Carlo Simmons en Eric Carelse. Die groep kombineer dans met toneelspel en tree altyd met maskers en handskoene op. Volgens die groep het hulle besluit op dié naam vir hul dansgroep omdat hul teaterdansstyl altyd die onverwagse meebring.

Maak My Famous word Donderdae om 20:00 op kykNET en om 21:00 op kykNET & Kie uitgesaai. Die finale ronde sal op 11 Julie om 20:00 regstreeks op kykNET en kykNET & Kie uitgesaai word. Die top-10 deelnemers se liedjies is almal op iTunes beskikbaar.

[Red] Hierdie berig is aangepas sedert dit oorspronklik gepubliseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Sonja Alberts ·

BERNICE WEST SY’S FANTASTIES!!!!!!!!!!!!!!LIKE HAAR BAIE!!!!!!!!!!!!!

Morne ·

Die inligting is foutief.
Rezah is gisteraand in die top 6 show uitgestem

Sanet ·

Verkeerde inligting. Rezah is uitgestem. The Unknown is deel van Top 5.

Mariné Lourens ·

Dagsê Sanet

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die fout. Dit berig is intussen reggestel.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Mariné Lourens ·

Dagsê Morne

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die fout. Dit berig is intussen reggestel.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

My opinie ·

Ek stem 100,000 keer vir Bernice …. daardie meisietjie is propvol energie en hope talent. My geld is verseker op haar. Ek weet nie of die uitstem gisteraand reg was nie … Rezah was vir my beter as een van die ander solo sangers maar my hart is seer saam met elkeen wat uitgestem word. Bernice, ek ken jou nie maar hou vir jou styf duimvas.

Merie Perd ·

So op n ander noot oor die aanbieder Emo Adams.
Ek hoop regtig die stories wat versprei word dat Emo Noot vir Noot gaan aanbied is vals. Miskien moet ek dit nie se nie maar Emo kan nie Afrikaans praat nie. Hy verkrag dit. Ons kan nie toelaat dat die taal wat ons op trots is deur die modder gesleep word nie. Jammer, as dit waar is maak ek my DSTV toe.

Daan Erasmus ·

Die taal wat ons praat. Ons moet begin by wie “ons” is. Ons is nie wit nie. Die meerderheid Afrikaans huistaal sprekers is gekleurd. Dit is die nuwe ons. Dit is hoe ons praat.

joey ·

Watter kleinlike opmerking en redenasie. Dit maak my as wit Afrikaanse burger verleë oor sommige Afrikaanse boorlinge wat so afbrekend kan wees. Jy sal selde hoor dat ñ Engelssprekende burger Afrikaanssprekende persone sal aanspreek oor hul engelse klank en uitspraak. Ek gaan my verstout om te sê niemand gaan huil oor jou kansellasie nie. Doen dit gerus en gebruik die geld vir ñ kursus in diversiteit . Sal uitstekende beleggiing wees.

Zelda ·

Moenie ons ander wit mense se naam gat maak. Ons bruin mense en self’s swart mense praat baie mooi afrikaans. Jy soek net strond.

Linda ·

Ek dink dit sal Bernice West of SA Ensemble wees. Albei is baie goed.

Zenithia ·

Ons hele familie staan bank vas agter Megan! !!!go Megan go!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.