Modder & Bloed – nou op Showmax

Modder & Bloed is nie jou tipiese Boereoorlogfliek nie. Dis ’n goedvoel-fliek met ʼn massiewe hart, en alhoewel die geweld en onreg van oorlog deel vorm van die storie, is dit vriendskap, waagmoed en spangees wat die oorhand voer.

Die fliek fokus op ʼn groep krygsgevangenes op St. Helena wat deur die Engelse troepe aan rugby bekendgestel word. Hulle word deur die sadistiese en wrede kolonel Swannell uitgedaag tot ʼn wedstryd – krygsgevangenes teen Engelse kampwagte, en daar volg ’n epiese stryd wat ’n rugbywêreldbekerwedstryd soos ’n kinderpartytjie laat lyk.

Die ensemble-rolverdeling bestaan uit bekende en begaafde Suid-Afrikaanse akteurs soos Stian Bam, Jacques Bessenger, Deon Lotz, Edwin van der Walt, Gustav Gerdener en De Klerk Oelofse, en Grant Swanby blink uit as die booswig, Kolonel Swannell.

Uitstekende kostuums en kamerawerk dra by tot ’n baie bevredigende fliek-ervaring, en Sean Else doen baie goeie werk as regisseur.

Hierdie fliek bied nie net iets vir aanhangers van rugby of diegene met ʼn belangstelling in die Boereoorlog nie – die universele temas en sterk storielyn maak dat enigiemand meegevoer sal word en diep meegevoel ervaar vir die lot van die karakters.

Vanaf 14 Augustus is Modder en bloed vir die eerste keer op Showmax beskikbaar. Indien jy nog nie vir Showmax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

*Let daarop dat hierdie fliek op 14 Augustus aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word. Laat weet gerus jou vriende en familielede in die buiteland!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.