Neels en sy Flo se liefdespad skei

Neels van Jaarsveld. (Foto: kykNET)

Die akteur Neels van Jaarsveld (42) en sy televisieliefde Florinda Hearn (27) het bekendgemaak dat hulle verhouding beëindig is.

Die paartjie het mekaar in die eerste seisoen van die kykNET-maatsoekreeks Op my eish! ontmoet.

Van Jaarsveld het in die slotepisode van dié reeks vir Hearn gekies en toe ʼn gedig deur die digter Kaalwoorde voorgelees, het Maroela Media vroeër berig.

“Ek wil kaalvoet, stofpad, reguit na jou hart toe loop. Ek gaan nie die hek oop maak nie, ek gaan sommer bo-oor klouter. Ek gaan my bagasie net daar los.”

Hulle het ook aan die einde van die program deur ʼn reeks foto’s verklap dat hulle “steeds dolgelukkig” is en dat hulle, noudat die verhouding nie meer ʼn geheim hoef te wees nie, soveel moontlik tyd saam deurbring.

Hearn het dié nuus Woensdag aan Maroela Media bevestig. “Ja, ons verhouding is al ʼn geruime tydjie terug beëindig.”

Van Jaarsveld was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SomeOne ·

tv liefde kan nie ware liefde wees nie, dis soos om op laerskool te wees en jou miesie die kys te vra

Philip ·

Die ou is nou regtig nie my ( cup of tea ) nie hy het n helse tjip op sy skouer en n liefhebber van homself.

Nommer 7 ·

Wat trek ‘n skewe mond, en ruik na asyn? Neels van Jaarsveld met ‘n tjip op sy skouer.

LIEZL ·

en ek het ook so gesê, wonder hoekom plaas hulle nooit my kommentaar nie. Dis die waarheid

SjN ·

Met eish ja Neels, met eish, kyk die kat eers mooi uit die boom, trou is nie perde koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.