Neels, vroue ewe verras in ‘Op my eish!’

Neels van Jaarsveld. (Foto: kykNET)

Elke episode van die kykNET-maatsoekreeks Op my eish! het ʼn kinkel, maar kykers het behoorlik regop gesit toe twee nuwe vroue in vandeesweek se episode by die akteur Neels van Jaarsveld se soektog na liefde aansluit.

Van Jaarsveld en die vroue het by die Misty Waves Boutique Hotel in Hermanus gekuier toe Henré Pretorius, aanbieder van die program, hulle skielik meedeel dat twee vroue – bekend as die “wild cards” – by die groep gaan aansluit.

Deel van Op my eish! se formaat is dat nuwe vroue as buiteperde (wild cards) enige tyd in die program kan aansluit. Van Jaarsveld of die ander vroue weet glad nie wanneer dit kan gebeur nie.

Nadine (33), ʼn nuusverslaggewer, en Efraine (29), ʼn grimeerkunstenaar en stilis, het by die oorspronklike groep vroue aangesluit.

“In ʼn stadium het ek gevoel dat ek harder as die ander meisies moet werk om Neels te leer ken. Die ander meisies het baie verwys na Neels se vorige interaksie met van hulle en dit het geklink asof hy reeds ʼn verhouding met baie van hulle gevorm het teen die tyd dat ons daar aangekom het,” sê Nadine.

Vir Efraine was dit nie die geval nie. Sy sê dit was vir haar moeilik om te vergelyk hoe hy met haar is teenoor met die ander meisies, bloot omdat sy hulle nog nie saam met Van Jaarsveld gesien het nie.

Van Jaarsveld het ook gekies om vir Abigail huis toe te stuur. Volgens Abigail is sy eens met Neels se besluit: “Ek het later agtergekom dat Neels nie vir my is nie.”

Van Jaarsveld het vir Tanya gevra om saam met hom op ʼn afspraak te gaan na ʼn pragtige kunsgalery, waar hulle nie net ʼn ete nie maar ook ʼn soen gedeel het.

Tanya, wat duidelik die skoot hoog deurhet, het later genoem dat sy haarself saam met hom kan sien.

Die episode het ook ʼn goeie skeut drama bevat toe Van Jaarsveld en die vroue later die aand saam oor ʼn glasie wyn gekuier het. Laurika het laat hoor dat sy ontevrede is dat hy sommige vroue twee keer vir ʼn afspraak kies terwyl ander nog nie ʼn beurt gehad het nie.

Van Jaarsveld het dié kwessie by die ander vroue geopper, wat in ʼn argument ontaard het. Tanya het ook op haar knieë gegaan en vir Van Jaarsveld grappenderwys gevra om te trou.

Leer ken die twee nuwe deelnemers:

Nadine (33)

Nadine. (Foto: kykNET)

“Toe kykNET my bel, het ek baie gevlei gevoel. Ek het nie gedink ek staan ʼn kans nie, maar was opgewonde oor die avontuur.”

Sy soek ʼn man met empatie en liefde vir mense, diere en die natuurlike wêreld. “Betroubaarheid, avontuurlus, lojaliteit en passie,” sê sy.

Efraine (29)

Efraine. (Foto: kykNET)

“kykNET het my bel en gevra of ek ʼn wild card sal wees, en ek het gedink: “Hoekom dan nou nie? Ek was lanklaas buite my gemaksone.”

Efraine soek ʼn trouman. “Ek soek ʼn man wat selfversekerd is. ʼn Man wat weet wat hy wil hê in die lewe en weet waarheen hy op pad is. Iemand na wie ek kan luister en respekteer. Iemand wat my liefhet en altyd lus is vir opwinding en hou van lag. Beslis ʼn man met goeie waardes, maar wat ook soms kan stout wees. ʼn Lekker mens wat die klein goedjies in die lewe waardeer en my geniet vir wie ek is.”

Skakel elke Donderdag om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, in vir Op my eish!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kobus ·

Die groot soenery is onvanpas.Hy het nou ‘n verwagting geskep. Speel hy net of is hy ernstig?

Francois Le Cochon ·

Dit is alles teater. No business like showbusiness!

Sêmanet ·

Daar is al soveel sulke programme waar mense maats soek, dat dit begin om mense te verveel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.