Netflix nou in SA

Netflix is nou beskikbaar in Suid-Afrika. Foto: netflixlife.com

Netflix is nou beskikbaar in Suid-Afrika. Foto: netflixlife.com

Netflix, die aanlynverskaffer van TV-programme en flieks wat deur middel van die internet gekyk word, het Woensdagaand aangekondig dat die diens amptelik in Suid-Afrika beskikbaar is.

Volgens Fin24 het die medestigter en hoof uitvoerende beampte van Netflix, Reed Hastings, Woensdagaand by die Consumer Electronics Show (CES) in Las Vegas gesê dié diens is ook nou amptelik in 130 lande beskikbaar.

Die diens het ook ʼn Suid-Afrikaanse webwerf vir gebruikers beskikbaar gemaak wat Netflix teen $7,99 (R126) per maand met ʼn gratis maand adverteer.

Die diens is beskikbaar gestel in lande soos Azerbaidjan, Viëtnam, Indië, Nigerië, Pole, Rusland, Saoedi-Arabië, Singapoer, Suid-Korea en Turkye.

Intekenaars kan verwag om na ʼn groot verskeidenheid programme soos Suits, Dexter en Weeds, te kyk. Ou gunstelinge soos Friends en Ally McBeal is ook beskikbaar. Suid-Afrikaanse intekenaars kan uitsien na oorspronklike programme wat spesiaal vir Netflix vervaardig is soos Narcos en Marco Polo.

Volgens ʼn berig van Channel24 is daar egter verskeie programme wat nie saam die diens ingesluit is nie, weens uitsaairegte wat Netflix verkoop het. Omdat die diens voorheen nie in Suid-Afrika beskiksbaar was nie, is verskeie uitsaairegte vir programme soos The Big Bang Theory, Orange is the new black, House of cards, Game of Throwns en Downtown Abbey verkoop, en is die programme dus nie beskikbaar nie. Dit beteken uiteraard dat ShowMax die grootste verskeidenheid programme het om na te kyk.

Verskeie intekenare op Netflix se Facebook blad het reeds kommentaar gelewer oor die beperktheid van programme van die diens. “Ons het lank gewag vir Netflix om beskikbaar te wees in Suid-Afrika, maar die diens is baie meer beperk as in lande soos Amerika,” het Xuan du Plessis geskryf.

Besoek Netflix vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ryan ·

Betaal ongeveer R100 ekstra en kry in ordentlike VPN proxy. Jy kan dan al die programme sien wat mense in die VSA kan kyk. Dit laat die koneksie lyk asof dit inkomend van America/Europa is. Ander dienste soos Pandora sal ook dan werk. Ek gebruik dit al vir jare so. Ons almal wil vir TV programme en dienste so maak dit makliker vir mense!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.