Nico Panagio deel sy wenke om op ’n eiland te oorleef

Nico Panagio is die aanbieder van Survivor SA (Foto: Instagram)

Survivor SA het Donderdag afgeskop, en wel met ’n groot slag. Deelnemers moes voorraad gryp, van ’n boot af spring en so vinnig moontlik na ’n eiland toe swem. Skuiling moes gebou word voor die eerste donker nag aanbreek. Die verskillende persoonlikhede van die deelnemers het begin kop uitsteek, wat veroorsaak het dat bondgenootskappe reeds gevorm is, al dan nie.

Terwyl die oorblywende 17 deelnemers probeer vasstel hoe om genoegsame kos in die hande te kry om almal te voed en ’n skuiling te bou wat hulle teen die reën sal beskerm, het Nico Panagio, die aanbieder van Survivor SA, sy topvyf eiland-oorlewingswenke met Maroela Media gedeel.

Hier is Panagio se vyf topwenke:

  1. Vars water

“As jy by die eiland aankom, is water die belangrikste ding om te kry. As jy darem water het, kan jy reeds vir ’n paar dae oorleef, en daarsonder gaan jy nie ver kom nie.”

  1. Vuur

“’n Vuur is belangrik omdat jy dit nodig het om jouself warm te hou, asook om kos gaar te maak.”

  1. Skuiling

“As jy nie ’n skuiling het om in te slaap nie, gaan jy baie koud kry. So, dit is die volgende belangrike stap.”

  1. Kos

“Nadat jy jouself bietjie gemakliker gemaak het, is dit nou belangrik om kos te soek. Soek na enige vrugte en groente wat aan bome groei. Selfs klein diertjies soos ’n akkedis of ’n rot kan help. As jy gelukkig genoeg is om ’n hoender te vang, kan jy ’n lekker hoenderbraaitjie op jou vuur aan die gang kry.”

  1. Kokosneute

“Laastens maar dalk een van die belangrikste goed om op ’n tropiese eiland te onthou, is om heeltyd op te kyk. Die gevaarlikste ding op so ’n eiland is ’n vallende kokosneut. Wanneer ons Survivor skiet, loop ons altyd en opkyk; dit is regtig een van ons grootste uitdagings. Die kokosneute is baie gevaarlik, hulle val van baie hoog af teen ’n helse spoed,” het Panagio gesê.

Lees ook: ‘Survivor SA’: Wat die kamera nié wys nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.