Noem my Skollie – nou op Showmax

Noem my Skollie was nie sommer verniet vanjaar Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die Oscars nie: hierdie wêreldklas fliek vertel ’n storie wat jou aan die hart ruk deur ongelooflike kinematografie, uitstekende spel en besonderse regie.

En boonop is dit gebaseer op ’n ware verhaal, dié van draaiboekskrywer John Fredericks se stryd om oorlewing binne én buite die wêreld van gewelddadige bendes.

Die fliek fokus op AB en sy vriende wat in die 1960’s op die Kaapse Vlakte grootword. Dann-Jacques Mouton blink uit as die ouer AB, wat saam met sy vriend Gimba in die tronk beland en sy gawe vir stories-vertel gebruik om homself te beskerm en om uit die bendes te bly.

Die res van die rolverdeling is ewe indrukwekkend: Gantane Kusch, Christian Bennett, Gershwin Mias, Abduraghmaan Adams, Oscar Petersen, Tarryn Wyngaard, Peter Butler, Irshaad Ally, Charlton George, Lee-Ann van Rooy, Jill Levenberg en Sandi Schultz is almal in die fliek te sien, en daar is selfs ’n verskyning deur die Afrikaanse kletsrymer Hemelbesem.

Noem my Skollie skram nie weg van moeilike temas en uitdagende materiaal nie, maar dit bly enduit ’n vermaaklike en diep menslike storie. Maak seker jy’t ’n boks snesies byderhand wanneer jy dié fliek op Showmax kyk!

Vanaf 28 Augustus is Noem my Skollie vir die eerste keer op Showmax beskikbaar. Indien jy nog nie vir Showmax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

*Let daarop dat hierdie fliek vanaf 28 Augustus aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word. Laat weet gerus jou vriende en familielede in die buiteland!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.