Nóg groot nuus vir Ivan Botha

Botha op die stel van FliekNET Foendies.

Ivan Botha was al akteur, draaiboekskrywer, vervaardiger en regisseur, maar volgende jaar maak hy reg om sy skoene as aanbieder vol te staan.

Botha, wat die Suid-Afrikaanse loket behoorlik aan die prut gehou het met flieks soos Bakgat!, Pad na jou hart en Vir altyd, gaan fliekliefhebbers van Februarie op hul tone hou in die nuwe vasvraprogram FliekNET Foendies.

Die nuwe reeks van 13 episodes toets deelnemers se kennis van die plaaslike en internasionale silwerskermbedryf. Die reeks spog ook elke week met ʼn bekende gas soos Leon Schuster, Regardt van der Bergh, Dann-Jacques Mouton en Franci Swanepoel.

Botha en Van Nierop op die stel.

Dit is egter in die Breinbreker-rondte waarin deelnemers te staan gaan kom teen die mede-aanbieder, die fliekkenner en resensent Leon van Nierop.

Die reeks is vervaardig deur Green Planet Productions (van Varsity Sing!– en kykNET Top 20-faam) en is die konsep van regisseur Francois Nolte. Van Nierop was ook agter die skerms betrokke by die navorsing en samestelling van die vrae.

Wat sê Botha oor hierdie nuwe uitdaging? Klik hier vir die eerste onderhoud met Botha oor sy nuwe rol. FliekNET Foendies word op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai.

Maroela Media het vroeër vanjaar berig Botha maak sy debuut as regisseur met die rolprent Stroomop. Stroomop sal amptelik op 9 Augustus 2018 – spesifiek vir Vrouedag – in teaters begin draai. Botha se verloofde, Donnalee Roberts, vertolk ʼn hoofrol in die rolprent.

Featured-Vir-Altyd-Ivan-Botha-en-Donnalee-Roberts-02

Donnalee Roberts en Ivan Botha by die fliekpremière van Vir Altyd. Foto: Esté Meyer-Jansen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Joey ·

Pragtige paartjie…veral DonnaLee :D sjoe. Tussen haar en Simone Nortmann is dit maar n moeilike keuse haha

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.