Nóg meer kykgenot vir ‘Suidooster’-aanhangers

Suidooster (Foto: Facebook via Suidooster)

Suidooster (Foto: Facebook via Suidooster)

Kykers van die gewilde Afrikaanse kykNET-sepie, Suidooster, kan vanaf Juliemaand uitsien na nóg meer Suidooster-familiedramas wanneer dié sepie vier keer ʼn week op die kassie te sien gaan wees.

Die bykomende episode gaan vir die eerste keer op Donderdag 7 Julie gebeeldsaai word.

Karen Meiring, direkteur van Afrikaanse Kanale by M-Net, sê dié verandering tree in ná ʼn enorme publieke aanvraag. “Sedert die eerste episode van Suidooster in November verlede jaar sy verskyning gemaak het, het kykers dadelik gesê hulle soek méér van die sepie,” het sy vertel.

“Ons het ook altyd geweet Afrikaanse TV-kykers gaan baie van Suidooster hou, maar die versoeke van kykers vir nog episodes het ’n stormsterk wind geword en kykNET het geluister.”

Kykers kan nou uitsien na meer stories van die Samsodiens, Octobers, Du Plooys, Gerbers en ander Ruiterbosch-inwoners wat nou meer in Suid-Afrikaanse huise gaan kuier.

Die vierde episode op Donderdae sal ook om 18:00 op kykNET en kykNET & kie gebeeldsaai word, met ’n herhaling om 20:00 op kykNET & kie. Nog herhalings sal op ander tye plaasvind en ’n omnibus word op Sondae om 14:00 op kykNET & kie gebeeldsaai.

Besoek kykNET se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Christine ·

Dankie!!!! Geniet die sepie verskriklik bait it is al deel van my huis houding

Uys ·

Gelukkig maak en dan aanate en wil nie hierna kyk nie.
Wat ń klomp gemors.
Die Dstv is nie eers aan nie. Ek is dang multi choice kry verkeerde kykertal.

GES ·

Ag tog, wat ‘n klomp snert. Ek het my hoop op KykNet gevestig maar gaandeweg is hulle ook besig om hulleself te vervreem van hulle kykers.

John ·

‘Brain washing. ”New age’-ideologie. Die Kyknet-bestuur het ‘n agenda om Afrikaans te gebruik om rasse-integrasie in ons huise in te dwing met al hul sepies. Al die witmense in die stories het ook altyd duistere bymotiewe. Ja, alweer die slegte/dom witmense…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.