Nóg ʼn gewilde program keer terug na die SAUK

Survivor, seisoen 28 (Foto: Facebook)

Survivor, seisoen 28 (Foto: Facebook)

Ná talle SAUK-programme vroeër in Augustus op dié openbare beeldsaaier se kanale gestaak is, het SABC3 Maandag aangekondig dat die gewilde werklikheidsreeks Survivor amptelik na die kassie gaan terugkeer.

Die nuus volg ná ʼn aankondiging in Augustus dat die Amerikaanse sepie, Days of our Lives, ook terugkeer.

Dit is veral dié aankondiging wat kykers warm onder die kraag gehad het, aangesien die sepie op 22 Augustus in die 23:30-tydgleuf na die kassie terugkeer het.

Volgens ʼn verklaring deur TV Plus gaan die 28ste seisoen van Survivor op 3 Oktober in die 20:00-tydgleuf na die kassie terugkeer.

Die verklaring ontken ook nie die moontlikheid dat die ander gewilde werklikheidsreeks, The Amazing Race, ook binnekort weer gebeeldsaai sal word nie.

Talle programme is einde Augustus op die openbare beeldsaaier se kanale gestaak ná ʼn aankondiging dat daar beoog word om minstens 80% plaaslike inhoud op sy SABC1-, SABC2- en SABC3-kanale te beeldsaai.

Ander programme wat in die slag sou gebly het, is Minute to win it, Brooklyn Nine-Nine, The Exes, The Office en Whitney.

Geen heruitsendings van 7de Laan sal voortaan gebeeldsaai word nie, en die 12:00-tydgleuf vir klassieke aksiereekse het intussen ook weggeval.

Lees die volledige verklaring hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

elize stroebel ·

so bly days kom terug maar net jammer daai tyd slaap ek

Karma ·

Nee-wat, ek kyk láááánkal nie meer Es-Y-bie-Sie se kanale nie. DSTv vir my, dankie – Survivor, The Amazing Race, The Mentalist en al daardie programme word op ‘n wye verskeidenheid kanale (bv. Sony & Sony Max, BBC Entertainment, Life) uitgesaai.

ansie basson ·

baie dankie dat julle Days of our lives terug gebring het maar wanneer moet ons dit kyk?
as julle dit nie in ‘n ander tydgleuf gaan sit nie kan ek maar ook my lisensie kanseleer.

Jean ·

23:30? Wie op aarde gaan nog na daai sepie kyk daardie tyd van die aand? Gelukkig laai ons al die programme en sepies self af en kyk dit op ander toestelle, dankie tog dat ek nooit Isidingo of Muvhango of wat ookal wat in die gewildste tydgleuf is te moet opkyk nie. Weet in elk geval nie WIE kyk nog SABC 1,2,3 nie. Wat ‘n mors van tyd om nie van die oeroue goed wat hulle oor en oor uitsaai te praat nie.

REGVERDIG ·

Regtig???
Gelukkig het ek n keuse na watter programme ek wil kyk, maar hierdie crap………………………..??

Denise ·

Daardie tyd van die aand slaap ek al lankal en ek lees liewer n goeie boek voor ek my tyd mors met al die snert op tveeee!!!!!!!

Andries ·

Gaan die SABC die Thank You konsert op SABC uitsaai? Grap Hlaudi!

Wilma ·

Cut your nose and spite your own face…. so begin dit en dan kla hulle die kykergetalle het gedaal.. Ai, weet nie hoe die man somme maak nie.. want as jy iets wegneem dan beteken dit jy maak mos minder…

ANDRE ·

Ag asseblief , kan hulle nie dalk is nuuts probeer nie …….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.