Nóg ʼn veteraan-aktrise verlaat die Laan

Vinette Ebrahim. (Foto: Facebook via Vinette Ebrahim Artist)

Vinette Ebrahim. (Foto: Facebook via Vinette Ebrahim Artist)

Vinette Ebrahim, die aktrise wat die afgelope 19 jaar die rol van Charmaine Meintjies in die gewilde SABC2-sepie 7de Laan vertolk, sal in Oktober vanjaar vir die laaste keer in die Laan op die kassie te sien wees.

Ebrahim vertolk ook die rol van Meintjies se tweelingsuster, Vivian.

Die nuus oor Ebrahim se vertrek uit die Laan volg kort nadat die gesoute aktrise Annelisa Weiland in Junie vanjaar aangekondig het dat sy dié sepie gaan verlaat en Johannesburg vir Kaapstad gaan verruil.

Weiland, wat sedert die aanvang van dié sepie in 2000 die rol van Hilda van Zyl vertolk het, sal in November by die span van die Kaapse kykNET-sepie, Suidooster, aansluit.

Vinette Ebrahim. (Foto: Facebook via Vinette Ebrahim Artist)

Vinette Ebrahim. (Foto: Facebook via Vinette Ebrahim Artist)

Luidens ʼn mediaverklaring deur 7de Laan is Ebrahim se karakters se potensiële storielyne in dié sepie uitgedien.

“Soos met menigte televisiereekse gebeur dit gereeld dat ʼn karakter se reis bloot tot ʼn einde kom. Nadat vorige en huidige storielyne van 7de Laan geëvalueer is, is daar bevind dat alle potensiële storielyne met Charmaine en Vivian uitgeput is.”

Charmaine se karakter is diep gewortel in familiewaardes, vriendskap en diens aan ander. Haar persoonlike en familiekwessies het 7de Laan-kykers die afgelope 19 jaar op die punte van hulle stoele gehou.

“Die tyd het egter nou gekom vir haar om uit die Laan te tree met grasie en styl. Ons wens vir Vinette alle voorspoed toe vir die toekoms,” voeg die verklaring by.

Ebrahim sal na verwagting nog tot 24 Oktober in die Laan te sien wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Wielspore ·

Die karakter in die sepie word uit geskryf, die persoon het bloot die rol gespeel. Kyk na Annelise, sy speel nou hierdie puik rol in die nuwe KykNet reeks “Lui maar op Belinda”, sy is ook uit gekryf by 7de Laan.

Snip van Joburg ·

Ek is so bly sy gaan weg. Nog net Mariaan wat moet verdwyn. Wat n irreterende karakter.

Lizelle ·

Eerder Aggie want die vet weet sy kan NIKS verkeerd doen nie

Ellisras ·

Ek het so lanklaas 7de laan gekyk, lewe Bart se duiwe nog?

Lynni ·

Ja die duiwe leef nog. Bart kyk mooi na hulle. Hul het groot wedvlug in 7de laan gewen.

AmY ·

Nee, die karater Bart is al vergete dood. Al vir twaalf jaar, so ek twyfel of hy gaan terugkeer. :-)

Eish ·

Gaan haar nie mis nie kyk lankal nie meer 7de Laan en sy ietwat al rassistiese opmerkings gemaak.

TLC ·

Sy was die rede hkm ek nie meer gekyk het nie
Rassis
Good riddance

Maggies ·

Waarom stop julle vervaardigers nie maar die storie heeltemal en begin iets nuuts nie. Skandalig dat na soveel jare se getrouheid ‘n persoon se rol “uitgedien is”. So goed as om te sê as jy ouer raak, raak jy ‘n “suurstof dief”.
Skaam julle!

Melanie ·

Het nog nooit die sepie gekyk nie. Altyd vir my werksvriende gelag as hulle sê hulle gaan vanaand “vilakazi (aka 7de laan) kyk”

Daisy ·

Grooot Rasis!!!

Ek hou niks van 7de laan nie, die storielyne het baie vervelig geraak,

Rosalie ·

Sorry I have watched 7de laan for years. Charmaine sister is already out she now has a new life with Jacob so why not leave her in the series. I think this relationship has added a lovely touch to the storie. Very disappointing.

Marius ·

Heeltemal opgehou kyk toe hulle met inter racial verhoudinga begin het. Nog nooit n dag spyt gekry nie. Tot siens Vinette en sterkte met jou ras issues.

john ·

hahahahaha. Ja-nee ek stem, om goed soos gemengde verhoudings wat in die regte lewe gebeur, in `n sepie uit te beeld is verregaande! Hoe durf hulle die realiteit uitbeeld? Stouterds.

Wanda ·

Ekt 12 jaar laas 7de laan gekyk,mis dit glad nie.Ons het smr ons tv ook weggegee.Ek kyk tv reekse op my foon wat baie beter is soos the walking dead, blindspot,dynasty,the 100,the arrow ensv

Connie ·

Ons kyk die ou Sewende Laan op SABC Encore en geniet dit maar kyk nie na die nuwe Sewende Laan nie. Sommer gemors. Nooit geweet sy is rassis

Mossie ·

Sy is n baie groot rassis en het nie n enkele goeie woord oor wit mense te sê nie. Het dit self nie geweet nie en was verstom oor haar twiets. Moet sê sy is n baie goeie aktrise, mens sou nooit kon dink dat sy so is nie. Gaan lees gerus bietjie oor haar.

Susan ·

Good riddance!! Rassis! Ek hoop nie enige ander program gee vir haar ‘n rol nie. Ek het opgehou om 7de Laan te kyk na haar rassistiese uitlatings. Kan nie glo hulle het haar al die jare nog daar gehou nie. Ek dink haar teenwoordigheid het die program ‘n knou gegee.

Christa ·

Sy Sal gou ander werk kry, rassis often nie. Sy is na die regtekant rassis, hulle mag so wees. Daars Geen Christelike beginsels in die sepie nie. En hulle Kan alles so uitrek en uit verband ruk..

M Van Tonder ·

Dit maak sin dat mense die sepie verlaat met die dat die SAUK bankrot is!

bambi ·

7e laan n spul gemors; dankie tog sy gaan; stem sy is n rassis; altyd n eier te lê oor witmense.

Sonja Slater ·

Ek het ook uiteindelik die lig gesien! Ek het nog altyd vasgeklou en deur elke episode geworstel, gedink miskien gebeur daar iets. Maar die storielyne is so pateties, ek fast forward omtrent die hele ding. As die irriterende Karmen eers begin tantrum en almal val oor hul voete om haar te akkomodeer……. En Mariaan is nou een teveel. En almal slaap met almal, maar dan is hulle almal weer one big happy family! Werk nie so nie. Gister finaal besluit ek kyk nie meer nie. Mag 7de laan n stille dood sterf.

ELIZNA ·

Is bly jipppeeee..nadat sy gesê het die boere verdien dit om dood gemaak te word het ek Nooit weer 7e laan gekyk nie

Dewald ·

Die sepie is jare terug al dood. Te veel karakters het gekom en gegaan so puntloos om dit te volg

jaco ·

Sy is ‘n kleurling. So sy gaan maar sukkel om weer werk te kry. Hulle hoor gedurig: sorry no job for you because you are not black enough. Ek maak dit nie op nie. Daars BAIE bewyse

Julie Jansen van Rensburg ·

Ek volg self 7de Laan net om te sien watter “drama” hom weer een of ander tyd in die Laan gaan afspeel… maar een karaktertjie wat my irriteer is daardie bedorwe brokkie, Karmen – as sy my kind was wat sulke vloermoere gooi sou sy baie gou met my plathand op haar sitvlakkie kennis gemaak het… sy is geen voorbeeld vir kinders nie… en moet asseblief NIE vir my vertel dat kinders nie ook na die LAAN kyk nie. Soos dit is het alle dissipline uit ouerhuise – en skole – verdwyn… maar dis mos “cute” – of hoe? Veral noudat sy nie die rol van die prinses in die skoolopvoering gaan speel nie, maar wél ‘n boom… en almal stook haar in haar kwaad… nee, sies….

Vonkprop ·

Ek kyk elke aand 7 de laan met die hoop dat ‘n groot stootskraper sal kom en die hele 7 de laan platvee. Dit is nou een patetiese sepie en vergeleke met ons ander plaaslike sepies is die standaard baie laag. Net een woordjie van advies 7 de laan, dit is nie net Charmaine se storielyn wat uitgedien is nie maar die HELE laan se storielyne. Doen ons almal ‘n guns en maak ‘n einde aan die reeks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.