Nominasies vir 2015 Sama-toekennings bekendgemaak

CH2-Soos-In-Die-Ou-Dae

CH2. Foto: Argief.

Die nominasies vir vanjaar se Sama-toekennings (South African Music Awards) is vandag bekendgemaak.

Die Kletsrymgroep Bittereinder is genomineer vir beste duo of groep van die jaar, asook beste alternatiewe album vir Skerm. Jeremy Loops is ook in twee kategorieë benoem, onder meer vir beste nuweling van die jaar.

CH2 se album Soos in die ou dae is benoem vir beste klassieke of instrumentele album. Die komponis en fluitspeler Wouter Kellerman se album Winds of Samsara, wat vroeër vanjaar met ʼn Grammy weggestap het, is ook onder andere in dié kategorie benoem.

Adam Tas (Want, jy is boer), Dewald Wasserfall (#EkENJy), Dozi (Hande vol genade), Pieter Koen (Wat die hart van vol is) en Chris Chameleon en Daniella Deysel (Posduif) is almal genomineer vir beste kontemporêre musiek album.

Kliek gerus hier vir ʼn volledige lys van nominasies.

Die Sama-toekennings word om 20:30 op 19 April op SABC 1 uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.