Nuwe Afrikaanse kanaal bekend gestel

Argieffoto

ʼn Splinternuwe “integrerende Afrikaanstalige televisiekanaal”, wat OnseTV heet, gaan vanaf Vrydag op StarSat begin programme uitsaai.

Volgens die satelliettelevisieverskaffer StarSat gaan OnseTV fokus op “die belange en kulturele aspekte van bruin mense”.

Programme wat op dié kanaal uitgesaai word sal hoofsaaklik Afrikaans wees, hoewel anderstalige programme ook uitgesaai sal word omdat dié gemeenskap nie nét Afrikaans praat nie.

“Ons werk met ʼn wye verskeidenheid mense in die bedryf en spesifiek in die bruin gemeenskap, en dit was al lank reeds vir ons duidelik dat daar nie ʼn gefokusde kanaal was om na die grootste Afrikaanssprekende gemeenskap om te sien nie,” lui ʼn verklaring.

“Daar lê soveel kleur en tekstuur in hierdie gemeenskap dat ’n mens dit net wil omarm en samesyn skep. Die reaksie uit ons onmiddellike gekleurde gemeenskappe was ongelooflik. Die energie wat daar heers is tasbaar en ons hoofdoel gaan wees om daardie geesdrif vas te vang en op die kleinskerm te weerspieël.” 

Die kanaal wil hoofsaaklik die diversiteit van die bruin gemeenskap ten toon stel en die ryk erfenis van Suid-Afrikaanse “bruin mense” vier. Volgens die verklaring skep die kanaal ook “werk vir mense in die gemeenskap wat nooit vantevore geleenthede gehad het nie”.

OnseTV word op kanaal 462 op StarSat uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gwen ·

Ek is seker dat indien mens so iets vir Afrikaners doen, dit as rassisties, agteraf, uitsluitend, neerdrukkend, ens., ens. afgemaak sal word. Mag die Kleurlinge ’n sukses maak hiervan.

Madelein Pretorius ·

Dis hoog tyd dat bruin gemeenskappe begin erkenning kry. Tot op hede was hulle maar altyd die sneeuwitjies wat vloerwerk doen om ander kultuurgroepe se geskiedenis blink te vryf. Ek is bly iemand gaan ons nou kan leer oor bruinmense se warmhartige kulture. Ek kry dadelik Astrasat. Net vir dit! Ek het nou net OVHD. Ook net vir afrikaanse Kruiskyk.

Vissie ·

Dis ‘n wonderlike plan, en ek hoop van harte die mense daaragter sal veral ook hier in Namakwaland kom aandag gee aan die bruin gemeenskappe. Hierdie bruin mense praat die mooiste Afrikaans en mens hoor selde, indien ooit, dat hulle Engelse woorde tussenin gooi. Die res van die landbehoort dit ook te hoor. Al wat ek vra, is dat politiek van hierdie kanaal af weggehou word, want oral waar politiek bygesleep word, skep dit onaangenaamhede en verwyte . Juis ‘n bruin koerantman het eendag aan my gevra: “Hoe sien mens dadelik iemand is ‘n polutkus?” Sy eie antwoord was: “Maklik, want hy lieg nes hy sy mond oopmak.” Hou sulkes weg, dan sal die program-plan slaag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.