Nuwe Angus Buchan-reeks op TV: Koringaar

Angus Buchan, die boer en prediker van Faith Like Potatoes-faam, is die aanbieder van die geestelike geselsprogram Koringaar.

In Koringaar reik Angus uit na alle mense – gesinne, enkellopendes en veral jongmense. Angus wil mense aanmoedig om terug te keer na God. Dit is sy missie om veral nou, in hierdie tye, ons land se mense te lei in gebed. Om die Vader te vra om ons te verlos van ’n gees van geweld, korrupsie, haat, onvergewensgesindheid, woede en negatiwiteit.

Die kyker kuier by Angus op sy plaas naby Greytown, KwaZulu-Natal, waar hy bekendheid verwerf het as die “Cowboy”-prediker. Sy Landbou-handboek (sy Bybel) is nooit te ver van hom af nie.

Angus was onlangs in die nuus toe duisende mense sy biddag in Bloemfontein bygewoon het.

As jy pitkos vir die siel nodig het, is Koringaar die program vir jou. Die hele eerste seisoen is reeds op Showmax, en jy kan ook reeds die eerste 12 episodes van die tweede seisoen sien. Daar sal elke Maandag ʼn nuwe episode wees om jou gees te versterk.

Vanaf 22 Mei is Koringaar vir die eerste keer op ShowMax beskikbaar. Indien jy nog nie vir ShowMax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

*Let daarop dat hierdie reeks op 22 Mei aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word. Laat weet gerus jou vriende en familielede in die buiteland!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.