Nuwe avonture vir sanger Leah

Die sanger, Leah. Foto: Verskaf

Die sanger, Leah. Foto: Verskaf

ʼn Opwindende nuwe avontuur wink vir die gewilde sanger, Leah.

Leah gaan eersdaags in die gewilde televisiereeks, Sterlopers, te sien wees. Sy vertolk die rol van Nina. Leah vertel haar karakter in die storie deel baie eienskappe met wie sy self is. “My karakter is baie soos wat ek as mens is. Dit maak dit eintlik soms moeiliker om dan die karakter te vertolk.”

Die karakter Nina streef ook daarna om suksesvol te wees in die vermaaklikheidsbedryf. “Nina is ook in die toneel- en dansbedryf en wil bo uitkom as kunstenaar. Sy gee baie om vir haar vriende en probeer altyd help waar sy kan, partykeer ook tot haar spyt. Sy kan soms ’n regte ‘blondine’ wees, maar is ook intelligent en ambisieus.”

Die televisiereeks Sterlopers ontbloot die opwindende versmelting van die twee sye van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, die swierige hoofwegte en die donker stegies, op die pad na roem. Die storielyn onthul die temas van ontnugtering, verraad, hartstog en skandaal wat gepaardgaan met die wipplankrit van die strewe na sukses.

Hierdie reeks verken die ambisie, komplekse verhoudings en soeke na identiteit waarvoor elk van die dinamiese karakters in hul afsonderlike segmente van die bedryf te staan kom. Sterlopers word bestempel as ʼn jeugdrama.

Aanhangers kan egter steeds nuwe musiek van haar verwag. Haar debuutalbum, Wonderwerk, met treffers soos “Met jou klere aan” en “Meer as niks”, is ook steeds in musiekwinkels landwyd beskikbaar.

Sterlopers wys Woensdae om 21:00 op kykNET (DStv Kanaal 144).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.